Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA swemspan steun op Erin, Ayrton

In die afwesigheid van die goue swemduo van Chad le Clos en Cameron van der Burgh, sal Suid-Afrika se aanslag by die Afrika-swemkampioenskappe in Algerië grotendeels deur Erin Gallagher en Ayrton Sweeney gelei word.

Ayrton Sweeney vroeër vanjaar by die Statebondspele in die Goudkus, Australië. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika stuur ’n span van 29 swemmers na dié byeenkoms, wat van Maandag tot Sondag in Algiers plaasvind.

Le Clos en Van der Burgh het in 2016 aan dié byeenkoms deelgeneem toe dit in Bloemfontein aangebied is, maar sal nie vanjaar in aksie wees nie. Le Clos het sy aanslag om sy titel as die manswenner van die Wêreldbeker-swemreeks te verdedig, die naweek in Kazan, Rusland, begin.

Le Clos en Van der Burgh het Suid-Afrika in 2016 gehelp om die meeste medaljes (61, waarvan 33 goud, 16 silwer en 12 brons) op die Afrika-byeenkoms in te palm.

In hul afwesigheid sal ’n jong span poog om weer bo-aan die medaljestand te eindig.

Erin Gallagher by die Statebondspele in Australië. Foto: Gallo Images

Gallagher, wat in April in drie eindrondes by die Statebondspele in Australië geswem het, sal haar visier op medaljes in die 50 m- en 100 m-vryslag, asook die 50- en 100-vlinderslag en die 50-rugslag stel.

Sweeney, wat ook by die Statebondspele in aksie was, sal sy kroon in die 200-borsslag wil verdedig. Hy sal ook in die 200-vryslag en in die 200- en 400-wisselslag meeding.

Shaun Adriaanse, Swem Suid-Afrika se uitvoerende hoof, sê die span is vasbeslote om sy kontinentale titel te verdedig.

“Ons het jong en opwindende span gekies, wat ons glo sal voortgaan om ’n groot impak op die tweejaarlikse byeenkoms te maak,” het hy in ’n verklaring gesê.

Die Suid-Afrikaanse span:

Mans: Alard Basson (50 m-, 100 m-, 200 m-vlinderslag); Alaric Basson (50 m-, 100 m-, 200 m-borsslag, 50 m-vryslag); Matthew Bowers (50 m, 100 m-vryslag); Ruan Breytenbach (400 m, 800 m, 1500 m-vryslag, 200 m-rugslag, 200 m-vlinderslag, 400 m-wisselslag); Ma’az Khota (200 m-vryslag, 200 m-wisselslag); Righardt Muller (400 m-, 800 m-, 1500 m-vryslag); Kobe Ndebele (50 m-, 100 m-rugslag, 50 m-, 100 m-vlinderslag); Ayrton Sweeney (200 m-vryslag, 200 m-, 400 m-wisselslag, 200 m-borsslag); Jacques van Wyk (50 m-, 100 m-, 200 m-rugslag, 100 m-vryslag); Reece Whitaker (50 m-, 100 m-borsslag). 

Oopwaterswem-manspan: Darren Minnies (5 km); Aiden Petersen (5 km); Abdul-Malik Railoun (5 km); Hein van Tonder (5 km). 

Vroue: Lesley Albertyn (50 m-, 100 m-vryslag); Janie Coetzer (200 m-, 800 m-, 1500 m-vryslag); Khwezi Duma (50 m-, 100 m-vlinderslag, 100 m-rugslag); Erin Gallagher (50 m-, 100 m-vryslag, 50 m-, 100 m-vlinderslag, 50 m-rugslag); Hannah Kiely (50 m-, 100 m-, 200 m-rugslag); Tori Oliver (400 m-, 800 m-vryslag, 200 m-vlinderslag); Samantha Randle (200 m-, 400 m-wisselslag, 200 m-rugslag, 1500 m-vryslag); Jade Simons (50 m-, 100 m-, 200 m-borsslag); Lara van Niekerk (50 m-, 100 m-, 200 m-borsslag); Jessica Whelan (200 m-, 400 m-wisselslag, 200 m-, 400 m-vryslag). 

Oopwaterswem-vrouespan: Kaitlyn Albertyn (5 km); Amica de Jager (5 km); Tasneem Ebrahim (5 km); Sasha-Lee Nordengen-Corris (5 km); Samantha Randle (5 km).


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.