Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA swemspan wil horlosie na 2015 terugdraai

Die Suid-Afrikaanse swemspan sal van Woensdag tot Saterdag poog om weer, soos in 2015, die medaljes by die Afrikaspele in te ryg.

Vanjaar se Afrikaspele word in Rabat, Marokko, aangebied.

Douglas Erasmus sal weer sy stem by die Afrikaspele wil dik maak. Foto: Gallo Images

By die vorige Afrikaspele, in 2015 in Brazzaville, DRK, het Suid-Afrika boaan die medaljelys in die swembad geëindig met 54 medaljes.

Vanjaar sal die Suid-Afrikaners poog om daardie prestasie te herhaal, met swemmers soos Douglas Erasmus wat weer sal deelneem. Erasmus sal in die 50- en 100 m-vryslag en die 50-vlinderslag swem.

Die 50-borsslag sal ’n interessante item wees, met die Olimpiese Jeugspele se gouemedaljewenner, Michael Houlie, wat sal poog om sy stempel af te druk, terwyl Brad Tandy sy groot mededinger sal wees.

Houlie sal ook aan die 100-borsslag deelneem, terwyl Tandy ook vir die 50-vryslag saam met Erasmus sal aantree.

Onder die vroue word daar baie van Erin Gallagher verwag. Sy gaan aan die 50- en 100-vryslag, 50- en 100-vlinderslag en die 50-rugslag deelneem.

Emma Chelius sal strawwe mededinging in die vlinderslag-items bied.

Kaylene Corbett en Christin Mundell sal sake om die titel in die borsslagitems uitspook, met Mundell wat ook in die 200- en 400-vryslag sal swem, sowel as die 200- individuele wisselslag.

Ayrton Sweeney, Alard en Alaric Basson, en Kerryn Herbst sal almal ook as medaljeaanspraakmakers aantree.

Die span:

Mans: Alard Basson, Alaric Basson, Ayrton Sweeney, Brad Tandy, Brent Szurdoki, Douglas Erasmus, Martin Binedell, Michael Houlie, Michael McGlynn, Nail Fair, Ra’eez Warley, Roberto Gomes en Ryan Coetzee.

Vroue: Carli Antonopoulos, Christin Mundell, Emma Chelius, Erin Gallagher, Jessica Whelan, Kerryn Herbst, Kaylene Corbett, Lewethu Mbatha en Samantha Randle.

Meer oor:  Sa Swemspan  |  Rabat  |  Marokko  |  Afrikaspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.