
Tarryn Glasby het ’n doel in Suid-Afrika se uitspeelwedstryd om die derde plek teen Italië aangeteken.Foto: FHCV
Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het met een posisie na 16de op die wêreldranglys teruggesak ná hy met die vierde plek in die FIH-eindtoernooi in Valencia, Spanje, tevrede moes wees.
Die Proteas het vooraf in ’n oefenwedstryd afgereken met gasheer Spanje, wat sy 7de plek behou het nadat hy Kanada met 4-2 in die eindstryd geklop het.
Kanada beklee nou ’n top20-plek nadat hy met drie plekke tot 18de verbeter het.
Die Kanadese se Brienne Stairs (voorste doelskieter met agt doele) en Anna Mollenhauer (beste jong speler) het met twee eerbewyse weggestap.
Spanje se Georgina Oliva is as Speler van die Toernooi bekroon.
Onder die voorste tien spanne beklee België volgens die Fih.ch nou ’n top10-plek nadat met vier plekke tot 9de geklim het.
Engeland het met twee plekke tot vierde teruggesak.
Nederland is steeds die voorste span gevolg deur Australië en Argentinië wat elk met een plek geklim het. – Sportredaksie