Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA wil Thailand taai klap gee in Spanje
Erin Hunter, kaptein van Suid-Afrika se vrouehokkiespan.Foto: FHCV

Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan hoop om met ’n klinkende oorwinning oor Thailand reeds Saterdag sy plek in die halfeindronde van die FIH-eindtoernooi in Spanje te bespreek.

Thailand het tot dusver met 0-7 teen Italië en 0-5 teen Wallis verloor.

Die Proteas en Wallis is albei nog onoorwonne, maar Wallis is met ’n beter doelverskil tans die groepvoorloper.

Die groepwenner sal regstreeks tot die halfeindronde Woensdag deurdring, terwyl die spanne wat tweede en derde in die groep eindig, eers ’n oorkruiswedstryd moet speel om te kwalifiseer.

Ons wil die kans wat ons het (om te kwalifiseer) nie tot later oorlaat nie en gaan probeer om so oortuigend as moontlik te wen.
Erin Hunter

“Ons wil die kans wat ons het (om te kwalifiseer) nie tot later oorlaat nie en gaan probeer om so oortuigend as moontlik te wen,” sê Erin Hunter, SA kaptein.

Hulle sal die Thaise vroue egter nie onderskat nie.

“Op papier speel ons teen ’n swakker span, maar ons sal steeds gefokus wees om by ons strukture te hou en nie ons standaarde te laat val nie.”

Hunter het ná die eerste wedstryd teen Wallis, wat met 2-2 geëindig het, aan fihseriesfinals.com gesê hulle behoort algaande in die toernooi beter te speel hoe meer hulle saamspeel.

“Ons het as Suid-Afrikaners nie so baie geleenthede om gereeld internasionale wedstryde te speel nie. Dit sal dus altyd ’n paar wedstryde verg voordat ons ons beste hokkie speel.”

Die skoolmeisie in die span Bianca Wood (verskans) word gelukgewens met haar doel teen Italië.Foto: FHCV

Dit het inderdaad beter gelyk in Donderdag se tweede wedstryd teen Italië.

Suid-Afrika het met twee doele uit gebroke spel met 2-0 voorgeloop voordat die Franse skeidsregter, Ines El Hajim, in die laaste kwart ’n paar twyfelagtige strafhoeke aan Italië toegeken het. Italië kon egter net een van daardie vyf strafhoeke in die laaste kwart afrond om dit 1-2 te maak.

* Suid-Afrika moet die eindstryd van dié toernooi haal as hy sy kans lewend wil hou om volgende jaar in die Olimpiese Spele in Tokio te speel.

Meer oor:  Erin Hunter  |  Spanje  |  Thailand  |  Halfeindronde  |  Vrouespan  |  Hokkie  |  Fih-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.