Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SABC dalk gou terug met meer boks
Rowan Campbell, hier in aksie in ’n vorige geveg teen Patrick Mukala, en Ryno Liebenberg is veronderstel om vroeg in September teen mekaar te boks. Boks SA moet egter nog die toernooi goedkeur. Foto: Gallo Images

Boks Suid-Afrika (BSA) hoop dat onderhandelinge met die SABC sal slaag en dat dié televisiekanaal in die toekoms weer meer gereeld boks sal uitsaai.

Volgens Tsholofelo Lejaka, uitvoerende hoof van BSA, is dit eintlik noodsaaklik dat die SABC ook sy gewig agter die sport ingooi om dit te help oorleef.

Lejaka sê in ’n onderhoud met SA Boxing Talk dat boks weens die Covid-19-pandemie hom in ’n krisis bevind.

“Die SABC het reeds aangedui dat hy daarin belangstel om weer meer boks uit te saai,” sê Lejaka.

“Dit sal egter steeds nie genoeg wees vir die oorlewing van boks nie.

“Ons het goedkoper maniere nodig om boks uit te saai terwyl daar nie toeskouers by toernooie toegelaat kan word nie.”

Tsholofelo Lejaka, Boks SA se uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images

Lejaka sê dis net ’n sekere aantal toernooie wat deur uitsaaiers soos SuperSport en die SABC gebeeldsend sal word.

Hy dink dat daar na meer “nie-tradisionele maniere”, soos om toernooie deur middel van internetkanale te stroom, gekyk sal moet word.

Lejaka sê ook dit is goed dat promotors vorentoe kyk en planne beraam om toernooie aan te bied.

Hy waarsku egter dat daardie toernooie nog nie deur BSA goedgekeur is nie.

“Die situasie is vloeiend. Alles hang af van die statistieke (van die pandemie). BSA wag steeds vir die regering om die groen lig te gee sodat boksers na gimnasiums kan terugkeer,” sê hy.

Hy sê die beheerliggaam sal waarskynlik ook finansieel moet help wanneer boks weer vorentoe begin beweeg.

Alle boksers sal vir die koronavirus getoets moet word en sulke toetse is duur. Nie alle boksers sal dit kan bekostig nie.

Volgens Lejaka voorsien hy ook dat die meeste gevegte aanvanklik tussen plaaslike boksers sal wees aangesien daar steeds reisbeperkings gaan wees.

Hy sal graag wil sien dat nasionale titelgevegte weer prestigeryke gebeurtenisse moet wees.

“Ons het reeds ’n tyd gelede met die wêreldbeheerliggame begin gesels sodat ons boksers wat ’n nasionale titel hou, beter op internasionale ranglyste verteenwoordig word,” sê hy.

Meer oor:  Tsholofelo Lejaka  |  Boks  |  Boks Suid-Afrika  |  Sabc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.