Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sagan wen 5de skof, Van Avermaet klou aan geel

Peter Sagan van die Bora-Hansgrohe-fietsryspan het Woensdag sy tweede skofoorwinning in vanjaar se Tour de France behaal toe hy die vyfde en heuwelagtige skof van 204.5 kilometer tussen Lorient en Quimper gewen het.

Sagan, die huidige wêreldkampioen van Slowakye, het ook die tweede skof gewen.

Vreugde vir Peter Sagan (Bora-Hansgrohe) nadat hy Woensdag die vyfde skof van die Tour de France gewen het. Foto: AP

Sy wentyd in die vyfde skof was 2 uur 48 minute en 06 sekondes.

Hy is gevolg Sonny Colbrelli (Bahrain-Meridah), Philippe Gilbert (Quick Step Floors), Alejandro Valverde (Movistar), Julian Alaphilippe (Quick Step) en Daniel Martrin (Team Emirates).

“Ek was ’n bietjie gelukkig,” het Sagan aan skysports.com gesê.

“Colbrelli was kort op my hakke. My spanmaats het in die middel van die skof baie goeie werk gedoen om my vir die naelrit in ’n goeie posisie te plaas.”

Greg van Avermaet van BMC Racing is steeds die draer van die geeltrui met sy spanmaat Tejay van Garderen net 2 sekondes agter hom.

“Ek wil nog ’n dag die geeltrui dra. Môre (Donderdag) se skof (oor 181 km tussen Brest en Mûr-de-Bretagne Guerlédan, wat bergagtig is) sal ook super-hard wees. Maar ek kan daar wees as ek nie te veel tyd verloor nie,” het Van Avermeat gesê.

Van Avermaet het sewende in Woensdag se skof geëindig.

Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) het 35ste in die skof geëindig en nou is nou algeheel 65ste.

Reinardt Janse van Rensburg (Dimension Data) was 120ste in die skof en is algeheel 86ste.

In die spanafdeling is Bahrain-Merida voor, gevolg deur Movistar en Team Sky.

Dimension Data is 18de. – letour.com, skysports.com

Meer oor:  Tour De France  |  Peter Sagan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.