Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Saids-baas: Bid maar as jy middels gebruik

Atlete wat verbode middels gebruik tydens die 21 dae van inperking, moet maar bid die tekens van dié middels verdwyn uit hul stelsel voordat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) weer met sy toetse kan voortgaan.

Khalid Galant, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport. Foto: Ineke Coetzee

Khalid Galant, Saids se uitvoerende hoof, sê hy is seker daar sal atlete wees wat die tyd van inperking sal sien as ’n kans om opkikkers te gebruik.

Saids se agente wat toets vir opkikkers, tel nie onder die noodsaaklike diensleweraars wat ’n vrypas het om rond te beweeg tydens die inperkingstydperk nie.

“Jy mag dalk vra of atlete die staat van inperking kan gebruik as ’n geleentheid om te verneuk. Dit was ’n groot bekommernis voordat die Olimpiese Spele van 2020 uitgestel is en voordat die amptelike staat van inperking ingestel is,” sê Galant.

Die Spele is verlede week tot 2021 uitgestel.

“Maar ek glo daar sal altyd atlete wees wat enige geleentheid sal gebruik om te verneuk. Ons ontwikkel en pas ons toets-strategieë daarby aan, sodat toetsing sonder enige kennisgewing ’n doeltreffende afskrikmiddel kan wees.

Die ander moet bid dat die metaboliete van watter middel/s hulle ook al geneem het, hul stelsel verlaat het teen die tyd wat ons hulle toets.
Khalid Galant

“Vir die elite-atlete het ons biologiese profiele opgebou uit hul vorige toetsmonsters en dit sal vir hulle moeilik wees om die staat van inperking as ’n geleentheid te benut om middels te gebruik, want ons sal die fluktuasie en kunsmatige manipulasies oor tyd kan raaksien.”

Vir diegene waarvoor Saids nie ’n biologiese profiel het nie, het Galant ook ’n waarskuwing.

“Die ander moet bid dat die metaboliete van watter middel/s hulle ook al geneem het, hul stelsel verlaat het teen die tyd wat ons hulle toets,” sê hy.

“Dit is geen geheim dat Saids ’n aggressiewe toetsveldtog gaan begin sodra die staat van inperking verby is en almal weer terugkeer na hul dag-tot-dag-take nie.”

Khalid hoop die staat van inperking sal ook op ’n manier as ’n afskrikmiddel dien vir atlete wat middels wil gebruik.

“Aangesien alle kompetisies onbepaald uitgestel is en oefengeleenthede tot huise beperk is, sal dit moeilik wees vir enige atleet wat opkikkers gebruik om die voordele van die middel vas te stel, aangesien hulle nie hul vordering kan meet nie.”

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Verbode Middels  |  Saids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.