Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sam Ramsamy vereer vir sy bydrae tot sport
Sam Ramsamy, voormalige Olimpiese baas van Suid-Afrika.Foto: Getty Images

Die voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese baas Sam Ramsamy is deur die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees (ANOC) vereer vir sy bydrae tot wêreldsport.

ANOC het Ramsamy, wat tot die einde van 2018 nog as uitvoerende lid van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gedien het, tydens ’n glansgeleentheid in Katar met die prys vir Lewenslange Bydrae tot Olimpiese sport vereer.

Ramsamy moes aan die einde van verlede jaar aftree as lid van die IOK se uitvoerende raad omdat hy 80 geword het, maar is steeds ’n erelid van dié liggaam en betrokke by sommige IOK-komitees.

Ramsamy moes aan die einde van verlede jaar aftree as lid van die IOK se uitvoerende raad omdat hy 80 geword het, maar is steeds ’n erelid van dié liggaam.

Die 81-jarige KwaZulu-Nataller het reeds in die jare sestig begin stem dikmaak in sportadministrasie, toe hy hom beywer het vir Suid-Afrika se skorsing uit die Olimpiese Spele van 1964.

Van 1976 tot 1990 het hy gedien as voorsitter van Sanroc (die Suid-Afrikaanse Nie-Rassige Olimpiese Komitee) en tussen 1991 en 2005 as president van Noksa (die voorganger van Saskok). Hy het hom in 2006 by die IOK aangesluit.

Erin Gallagher in die wolke nadat sy haar prys in ANOC se toekenningsaand in Doha ontvang het. Foto: Gallo Images

 Ramsamy was nie die enigste Suid-Afrikaner wat in Katar op die verhoog gestaan het nie.

Die 20-jarige Erin Gallagher is as die voorste vroueatleet van vanjaar se Afrikaspele vereer, nadat sy tien medaljes (agt goud en twee silwer) in die swembad verower het by die Spele in Marokko.

Gallagher het drie individuele goue medaljes (in die 50 m-vryslag, 100-vryslag en 50-rugslag) gewen en was in al vyf die spanne wat aflosgoud vir Suid-Afrika verower het. Haar silwermedaljes was in die 50- en 100-vlinderslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.