Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sandes sê Drakensberge die stryd aan
Die Drakensberg-ultraveldwedloop se UTD100-uitdaging begin met ’n uitmergelende tog teen die Sani-bergpas uit en weer af. Die ultrawedlope vind Vrydag en Saterdag plaas. Foto: Gameplan Media

Suid-Afrika se voorste ultraveldlopers sê van Vrydag af die suidelike Drakensberge se uitdagendste roetes die stryd aan.

Nadat die Drakensberg-ultraveldwedloop verlede jaar weens die Covid-19-pandemie nié kon plaasvind is, is die langasems vuur en vlam vir die uitdaging.

Gunstige, maar kouerige herfstoestande wag op die atlete. Sneeu is selfs Vrydagaand moontlik oor die hoogliggende dele van Lesotho.

Die Kaapse ultra-atleet Ryan Sandes lei ’n sterk groep deelnemers in die UTD160-“100 miler”-wedloop.

Die deelnemers sal Vrydag om 10:00 op die hoogste spits van die Sani-pas by die Sani-berglodge wegspring op pad na Thabana Ntlenyana, op 3 482 m die hoogste piek in Suider-Afrika.

Hulle sal Lesotho binnegaan op ’n roete wat feitlik oral 3 000 m bo seespieël is. Die deelnemers sal deur die nag hardloop met die Sanipas-hotel meer as 164 km verder die eindbestemming.

Die ultraveldatleet Ryan Sandes neem Vrydag aan sy eerste “100 miler” in die Drakensberge deel. Foto: Red Bull Content Pool

Die 39-jarige Sandes sou verlede jaar sy debuut in dié uitmergelende bergwedloop gemaak het. Onder sy mededingers tel Jock Green, 2018 se kampioen in ’n nuwe rekordtyd van 26 uur, 45 minute en 45 sekondes.

Adam Kimble, die Erasmus-broers Andrew en Steve, Ruan van der Merwe, Gabriel Kriel en Admire Muzopambwa is van die ander aanspraakmakers.

Onder die vroueatlete tel Amri Williamson, ’n voormalige soldaat, Tracey Zunkel, Linda Doke en Annalise Scholtz.

Die afsnytyd is 45 uur.

Martin Malherbe sal sy titel verdedig in die 100 km-wedloop. Hy sal deur die Stellenbosser Christiaan Greyling en Rory Scheffer uitgedaag word.

Ann Ashworth, voormalige Comrades-kampioen, het ingeskryf en sal haar vaardighede inspan om die sprong na ultraveldwedlope te maak.

Die wedloop oor 100 km begin Saterdag om 05:00 met ’n uitmergelende hardloop op en af oor die Sani-pas na die Lesotho-grens.

Daar is ook wedlope oor 62, 32 en 21 km. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.