Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
SA’ner wen 1ste skof van virtuele Tour

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Ryan Gibbons het Saterdag die eerste skof van die eerste virtuele Tour de France gewen.

Gibbons, wat vir die NTT-span ry, het die skof oor 36,4 km wat in die virtuele wêreld van Nice beslis is, in 45 minute en 17 sekondes afgelê.

Weens die Covid-19-pandemie het dit die laaste maande vir die wêreld se voorste fietsryers iets alledaags geword om te oefen op binnenshuise oefentoerusting, met ’n TV- of rekenaarskerm wat aan Zwift gekoppel is. Dié tegnologie laat ryers toe om in ’n virtuele omgewing steeds as’t ware saam met en teen ander ryers te ry.

Die 25-jarige Gibbons, ’n Johannesburger van geboorte, is vroeër vanjaar as die Suid-Afrikaanse padkampioen gekroon.

“Ek is regtig so oorweldig, dit is so ’n goeie inisiatief. Dit is opwindend om aan so iets deel te neem,” het hy ná die tyd gesê.

Die virtuele Tour bestaan uit ses skofte, met twee elk wat oor die volgende drie naweke beslis sal word.

Weens die koronavirus is die begin van die regte Tour uitgestel tot 29 Augustus.

Die tweede skof, wat Sondag beslis word, is oor 29,5 km. – Sportredaksie

Meer oor:  Nice  |  Ryan Gibbons  |  Virtuele Tour De France  |  Fietsry  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.