Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sates smeer hom vet vir 12 items by SA’s

Matthew Sates (18) sal van Woensdag af een van die swemmers wees om dop te hou in die Suid-Afrikaanse kortbadkampioenskappe in sy eerste groot kompetisie sedert sy blink Olimpiese buiging.

Matthew Sates (18) het sy visier op ’n horde SA kortbad-titels vandeesweek in Pietermaritzburg. Foto: Gallo Images

Sates, wat sy 18de verjaardag in Tokio gevier het deur die eerste Olimpiese halfeindronde van sy jong loopbaan te haal, beplan luidens ’n verklaring om vandeesweek in Pietermaritzburg se GC Jolliffe-swembad aan ’n yslike 12 items deel te neem.

Dié swemmer, wat gebore en getoë in Pietermaritzburg is en wat gereeld in die Jolliffe-swembad oefen, is ’n uitmuntende wisselslag-swemmer en dus gemaklik met al die swemslae. Hy hoop om te verbeter op sy uiters suksesvolle SA kortbadbyeenkoms van verlede jaar toe hy met agt goue medaljes weggestap het.

“Ná die Olimpiese Spele het ek ’n lang blaaskans gevat, wat ek broodnodig gehad het,” het hy gesê. “Ek hou nie eintlik daarvan om ’n breek te vat nie, maar ek moes dit doen sodat ek die jaar (in Desember) sterk kan afsluit op die kortbadwêreldbyeenkoms.

“Ek is opgewonde daaroor om dit wat ek op die Spele geleer het hierdie week toe te pas en my staal te toon. Die Spele het my geïnspireer en gewys ek is vir nou op ’n goeie pad.

“Verlede jaar se kortbad-uitslae het my baie gelukkig gemaak, maar dit beteken nou niks. Vanjaar se SA byeenkoms gaan op ’n heel ander vlak wees.”

Terwyl een van Suid-Afrika se heel belowendste swemmers homself in die bekende waters van die Pietermaritzburg-swembad toets, sal Suid-Afrika se grootste swem-ster nie daar wees nie.

Tatjana Schoenmaker, die nuwe Olimpiese kampioen en rekordhouer in die 200 m-borsslag, het nog nie teruggekeer na die swembad sedert haar Tokio-triomf nie.

Die SA kortbadbyeenkoms sal Woensdag om 17:00 begin en duur tot Sondag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.