Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher bly op koers vir F2-titel
Mick Schumacher se sewende plek die afgelope naweek is beslis nie die einde van sy doelwit om ’n titel nie. Foto: Getty Images

Mick Schumacher is steeds op koers om die Formule Twee-kampioenskap te beklink, al het hy die afgelope naweek nie sy beste wedren voltooi nie.

BBCSport berig hoewel Schumacher Sondag sewende in Bahrein klaargemaak het, het hy sy voorsprong oor sy naaste mededinger, Callum Ilott van Brittanje, vergroot.

Schumacher, seun van die sewemalige F1-wêreldkampioen Michael, se voorsprong teenoor Iloot vir eerskomende Sondag se seisoen-finale in Bahrein is 14 punte.

Ilott was die afgelope naweek in ’n botsing met Louis Deletraz betrokke en het dus daarin misluk om punte aan te teken.

Daar word verwag dat die 21-jarige Schumacher in sy pa se voetspore sal volg deur volgende jaar saam met die Amerikaanse Haas-span in F1 mee te ding.

Die Ferrari-akademie-renjaer sou verlede maand sy Grand Prix-buiging gemaak het in ’n oefensessie op die Nürburgring in Duitsland, maar dit is weens ongure weer afgelas.

Min is bekend oor sy pa se gesondheid nadat hy byna sewe jaar gelede ernstige breinskade in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe opgedoen het.

Michael het 91 wedrenne en sewe wêreldtitels in sy loopbaan gewen. Lewis Hamilton van Brittanje het die Duitser se wenrekord in Portugal in Oktober verbeter. Hulle het nou ewe veel wêreldtitels ná Hamilton se sege vroeër vandeesmaand in Turkye.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Mick Schumacher  |  Ferrari  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.