Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher in ’n ‘vegetatiewe toestand’
Michael Schumacher is waarskynlik baie anders as die persoon wat F1-aanhangers onthou. Foto: Getty Images

Die Formule Een-legende Michael Schumacher is in ’n “vegetatiewe toestand” en reageer nie teenoor sy familie nie.

The Sun berig dit is die mening van die vername neurochirurg Erich Riederer, wat dié kommerwekkende uitlating maak in ’n nuwe dokumentêre program wat op Franse televisie uitgesaai is.

“Ek dink hy is in ’n vegetatiewe toestand, wat beteken hy is wakker maar reageer nie,” sê hy.

“Hy haal asem, sy hart klop, hy kan waarskynlik regop sit en met hulp babatreetjies neem, maar niks meer nie.

“Ek dink dit is die maksimum vir hom. Is daar enige kans dat ons hom weer gaan sien soos hy voor die ongeluk was? Ek glo werklik nie so nie.”

Die 51-jarige Duitse motorsportlegende se gesondheid word geheim gehou sedert hy ernstige breinbeserings in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe in 2013 opgedoen het.

Nicola Acciari, ’n neurochirurg by ’n hospitaal in Bologna, het vroeër vanjaar gewaarsku Schumacher is nou baie anders as die persoon wat F1-aanhangers onthou.

Mick en sy ma, Corinna, Schumacher se seun en vrou. Foto: Getty Images

“Ons moet onsself voorstel ’n persoon baie anders as die een wat ons van die renbaan onthou, met ’n baie gewysigde en verswakte organiese-, spier- en beenstruktuur,” het Acciari destyds gesê.

“Dit kan alles toegeskryf word aan die breinskade wat hy opgedoen het.”

Volgens Schumacher se goeie vriend en voormalige Ferrari-baas, Jean Todt, sukkel hy boonop steeds om te kommunikeer.

“Al wat ek kan doen is om naby aan hom en sy gesin te bly tot ek in staat is om iets te doen, dan sal ek dit doen,” sê die Fransman, een van slegs ’n handvol familie en vriende wat in die Schumacher-herehuis op die oewer van die meer van Genève, waar die wenner van sewe F1-wêreldtitels herstel, toegelaat word.

Schumacher word sedert September 2014 daar behandel. Sy vrou, Corinna, besluit glo wie hom mag sien.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Erich Riederer  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Philippe Menasché  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.