Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher jr. het oog op loopbaan in F1

Michael Schumacher se seun wil in sy pa se voetspore volg en ’n loopbaan in Formule Een najaag.

Mick Schumacher sê hy wil in sy pa se voetspore volg. Foto: Getty Images

Mick Schumacher (18) neem tans aan Formule Drie deel, maar het Sondag voor die Belgiese Grand Prix sy pa se Benetton B194-renmotor om die Spa-Francorchamps-renbaan bestuur in ’n huldeblyk aan dié sewemalige wêreldkampioen se eerste F1-sege 25 jaar gelede.

“Natuurlik is Formule Een my doelwit, maar ek wil eers volkome ’n renjaer word voordat ek begin deelneem,” sê Schumacher jr.

“Ek wil graag my vaardighede verder skaaf, my kennis uitbrei, as ’n renjaer verbeter, maar ook as ’n spanlid.”

Hy beplan om nog twee jaar in Formule Drie deur te bring, waar hy die Italiaanse Prema Powerteam-span verteenwoordig, dan twee jaar in Formule Twee voordat hy die skuif boontoe maak.

“Op die ou einde is die belangrikste om alles wat deel is van ’n wedren so perfek moontlik te kry op en van die baan af.

“Elkeen moet dit besef, dit is nie iets wat ander op jou kan afdwing nie.”

Michael Schumacher is uit die publieke oog sedert hy ernstige kopbeserings in ’n ski-ongeluk in 2013 opgedoen het.

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Mick Schumacher  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.