Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher jr. ‘onder genoeg druk’
Mick Schumacher het die motorsport-wêreld aan sy voete. Foto: Getty Images

Ferrari se Sebastian Vettel het ’n beroep gedoen op Formule Een-aanhangers om die jong renjaer Mick Schumacher “tyd te gun” en hom “toe te laat om sy ding te doen”.

Sebastian Vettel sê mense moet Mick sy ruimte gun. Foto: Getty Images

Die seun van die F1-legende Michael Schumacher ding vanjaar mee saam met die Prema-span in sy eerste seisoen in Formule Twee, die voedingsreeks vir F1.

Schumacher jr. (19) is egter reeds op die F1-radar nadat Ferrari hom by sy renjaer-akademie betrek het. Hy sal volgens ingeligtes die seisoen in twee toetslopies vir die Italiaanse span bestuur.

Skysports.com berig Vettel het verlede naweek die geleentheid gehad om Schumacher van naby af in aksie te sien toe hulle saamgespan het vir Duitsland in die Race of Champions-skouspel.

Dié motorsport-geleentheid word jaarliks sedert 1988 aangebied en is die enigste kompetisie in die wêreld waar F1-renjaers, veldtydrenjaers, tydrenjaers en renjaers van IndyCar en Nascar in ooreenstemmende motors teen mekaar meeding.

“Ek dink, gee hom tyd,” het Vettel gereageer op ’n vraag of hy glo Schumacher is ’n toekomstige ster.

“Hy verkeer onder genoeg druk soos dit is, maar gun hom tyd en laat hom toe om sy ding te doen en ons sal sien wat gebeur.”

Schumacher jr. het verlede seisoen die F3-titel met sy tweede probeerslag beklink, ’n sege wat hy aan sy pa opgedra het.

Hy is in Maart 1999 gebore, die jaar voordat sy pa die eerste van sy vyf agtereenvolgende F1-wêreldtitels vir Ferrari verower het.

Schumacher jr. se vriend en mederenjaer Nicklas Nielsen het in November ’n rare insig gebied oor hoe hy sy pa se gesondheidstoestand hanteer. “Mick sê nie hy is hartseer oor sy pa nie. Hy sê net soms dat dit baie moeilik is,” het Nielsen gesê.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Sebastian Vettel  |  Mick Schumacher  |  Ferrari  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.