Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi se 191-renmotor te koop

Michael Schumacher se Jordan 191-renmotor, waarin hy in 1991 sy Formule Een-buiging op Spa-Francorchamps gemaak het, word vir £1,25 miljoen (R24,2 miljoen) opgeveil.

Michael Schumacher saam met sy destydse Jordan-spanbaas, Trevor Foster, voor die begin van die Belgiese Grand Prix in 1991. Foto: Getty Images

Die Duitse motorsportlegende is op die nippertjie deur Jordan ingespan om Bertrand Gachot te vervang nadat die Fransman in die tronk beland het weens ’n onderonsie met ’n Londense taxibestuurder.

Die hoogaangeskrewe Duitse groentjie het in die sewende plek gekwalifiseer vir die Belgiese Grand Prix, maar sy debuut het aan die begin van die wedren geëindig toe die 191 se koppelaar gebreek het.

PlanetF1 berig Speedmaster Cars in Brittanje behartig die veiling.

Die renmotor is een van sewe 191-motors wat vervaardig is en is ook deur Alex Zanardi en Andrea de Cesaris in 1991 bestuur.

Dit is ná afloop van daardie seisoen aan ’n Belgiese versamelaar verkoop. Didier Siruge het die motor in 2005 aangeskaf en daarmee in die Boss F1-reeks meegeding.

Die 191 is in ’n perfekte werkende toestand. Die motor het steeds die Ford HB-enjin, wat intussen deur Langford Performance Engineering oorgebou is.

Die Jordan 191-renmotor is steeds in ’n perfekte werkende toestand. Foto: Speedmaster Cars

Die 191 se nuwe eienaar kan ’n klompie ekstras saam met sy aanwins verwag, soos ’n volledige lêer van die motor se geskiedenis en ’n sertifikaat van egtheid, ’n model van die 191 wat deur Schumacher geteken is, en die oorspronklike stuurwiel wat in ’n vertoonkas uitgestal word.

Speedmaster Cars sê: “Dit is ’n baie koel motor – net die voorkoms en vorm is ongelooflik pragtig. Sy geskiedenis is merkwaardig.

“Dit is ’n spesiale stuk motorvoertuigkuns – en jy kan dit besit.” – Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Spa-Francorchamps  |  Formule Een  |  Veiling  |  Jordan 191  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.