Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumacher terug op renbaan in Alfa
Mick Schumacher laat wiel Woensdag in ’n toetssessie vir Alfa Romeo. Foto: Getty Images

Mick Schumacher het Woensdag, ’n dag nadat hy die eerste Schumacher in meer as 12 jaar geword het wat agter die stuurwiel van ’n Ferrari-F1-motor ingeskuif het, die sesde vinnigste tyd behaal in ’n toetssessie in ’n Alfa Romeo-renmotor.

Alfa Romeo gebruik ook Ferrari-enjins.

Mick, seun van die sewemalige wêreldkampioen Michael Schumacher, het 70 rondtes op die renbaan in Bahrein voltooi, met ’n vinnigste tyd van 1 minuut 29,998 sekondes.

“Dit was nog ’n pragtige dag by ’n F1-renbaan en ek kan dit net weer benadruk hoeveel pret is dit om hierdie motors te bestuur,” sê Schumacher.

“Ek sal beslis terugkeer huis toe met pragtige herinneringe.”

Die Europese F3-kampioen, wat die naweek in die einste Bahrein sy buiging in die Formule Twee-reeks gemaak het, het Dinsdag 56 rondtes in Ferrari se SF90-motor voltooi en die tweede beste tyd van 1 minuut 29,976 sekondes behaal.

Schumacher was nie die enigste legendariese F1-naam in aksie Woensdag nie, met Brasilië se Pietro Fittipaldi, die kleinseun van die dubbele wêreldkampioen Emerson Fittipaldi, wat die 12de vinnigste tyd behaal het.

Die Brit George Russell, ’n Williams-renjaer, se toetssessie vir Mercedes in ’n tyd van 1 minuut 29,029 sekondes was die vinnigste in Woensdag se sessie.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Mick Schumacher  |  Ferrari  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.