Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi pak F1 met pa se voorletters

Eens op ’n tyd het die letters ‘MSC’ op Formule Een-tydskerms die oorheersing van die sewemalige wêreldkampioen Michael Schumacher aangedui, maar hierdie seisoen gaan dieselfde afkorting wys dat sy seun, Mick, op die baan is.

Mick Schumacher, seun van die legendariese Michael Schumacher, sal vanjaar sy Formule 1-buiging maak. Foto: Getty Images

Die legendariese Ferrari-bestuurder het dié afkorting eerste gebruik om homself van sy broer Ralf te onderskei op skerms wat net die eerste drie letters van ’n van gewys het.

Nadat Mick in 2020 die Formule 2-titel gewen en sy naam op F1-skerms deur die afkorting ‘SCH’ aangedui is, het dié jong renjaer F1 se grootbaas, die voormalige Ferrari-hoof Stefano Domenicali, gevra om die verandering te maak.

“Ek wou ‘MSC’ hê,” het die 21-jarige Haas-bestuurder aan die media gesê tydens voorseisoense toetse in Bahrein, waar hy op 28 Maart sy F1-buiging sal maak.

“Dit is ’n emosionele verbintenis wat ek met die afkorting het. Ek dink boonop dit sal nogal aangenaam wees vir almal wat die tydskerms dophou om ‘MSC’ weer daar te sien,” het Mick gesê.

Daar sal diegene wees wat glo die jong Schumacher gaan wankel onder die druk van verwagtinge, maar vir hom sal die gebruik van sy pa se beroemde afkorting ’n bron van trots eerder as bykomende druk dien.

“Dit is soos ’n hupstoot vir my en dit motiveer my elke liewe dag.”

Schumacher senior, wat sedert sy ernstige kopbesering in ’n ski-ongeluk in 2013 nog nie weer in die publiek gesien is nie en tuis versorg word, het 30 jaar gelede in sy heel eerste F1-Grand Prix dadelik ’n indruk gemaak. Hy het destyds in ’n Jordan die sewende vinnigste tyd in die kwalifisering vir die Belgiese GP behaal.

Die destydse Benetton-span het hom vir die volgende wedren opgeraap. Hy het in die tweede seisoen in dié span ’n wedren gewen en is in 1994 en 1995 as kampioen bekroon voordat hy dit 2000 tot 2004 vyf keer op ’n streep vir Ferrari behaal het.

Mick kan egter ’n aansienlik minder skouspelagtige buiging verwag in sy Amerikaanse span, wat verlede jaar net drie kampioenskapspunte verdien het.

Dié span het dit reeds duidelik gemaak dat sy fokus vanjaar daarop is om gereed te wees vir 2022, wanneer heelparty nuwe reëls in die sport ingestel gaan word.

Dít demp egter nie die Duitser se entoesiasme vir die seisoen wat voorlê nie.

“Ek voel gereed en sou môre al ’n wedren gery het as dit van my afgehang het,” het hy gesê.

“Ek kan nie voorspel wat hierdie seisoen gaan gebeur nie, maar ek weet dat ek alles in my vermoë sal doen om hopelik ’n paar punte te kry.” – Reuters

Meer oor:  F1  |  Mick Schumacher  |  Ferrari  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.