Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi in sy pa se voetspore na Ferrari

Mick Schumacher, seun van die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen Michael, gaan hom glo by die Ferrari-akademie aansluit.

Pa se kind. Mick Schumacher gaan hom glo by die Ferrari-akademie aansluit. Foto: Getty Images

Schumacher jr. (19) ding vanjaar mee saam met die Prema-span in sy eerste seisoen in Formule Twee, die voedingsreeks vir F1.

BBCSport berig Mick Schumacher sal volgens ingeligtes die seisoen as deel van sy ooreenkoms in twee toetslopies vir Ferrari bestuur. Sy pa het vyf van sy sewe F1-wêreldtitels saam met Ferrari verower.

Michael Schumacher het vroeër vandeesmaand sy 50ste verjaardag gevier en is buite die openbare oog sedert hy ernstige breinbeserings in ’n ski-ongeluk in Desember 2013 opgedoen het.

Ferrari wou die nuus nie amptelik bevestig nie, maar sê hulle is in gesprek met die jong renjaer en sal hom graag by die akademie verwelkom.

Schumacher jr., wat verlede seisoen die F3-titel met sy tweede probeerslag beklink het, was saam met Ferrari teenwoordig by F1 se jaareindtoetse in Abu Dhabi in November.

Charles Leclerc, Sebastian Vettel se spanmaat by Ferrari in 2019, het sy deugde eers by die Ferrari-akademie bewys, asook die nuwe Sauber-renjaer Antonio Giovinazzi.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Mick Schumacher  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.