Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi se 7 in Hamilton se 2020-visier

Lewis Hamilton sê hy gaan “ ’n masjien wees” vanjaar.

Lewis Hamilton het net een ding op die brein in 2020.Foto: Getty Images

Dié Britse Formule Een-renjaer is oorgehaal vir ’n seisoen waarin sy groot doelwit is om Michael Schumacher se rekord van sewe wêreldtitels te ewenaar.

Hoewel sy spanmaat, Valtteri Bottas, asook Charles Leclerc, Sebastian Vettel (albei Ferrari) en Max Verstappen (Red Bull) hom gaan opdreun, het Hamilton op Instagram ’n waarskuwing aan hulle gerig en gesê hy wil soos ’n masjien wees en op ’n hoër vlak as vantevore meeding.

Hamilton is in 2020 in die laaste jaar van sy kontrak met die Mercedes-span en hoewel daar verlede jaar heelwat gissinge oor sy toekoms was, is die verwagting dat sy spanbaas, Toto Wolff, hom sal oorreed om ’n kontrak-verlenging te onderteken.

Ferrari en Red Bull het in die afseisoen langtermyn-kontrakte met Leclerc en Verstappen gesluit. Dié duo word as die toekoms van die sport beskou. – TeamTalk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.