Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schumi se vrou, pa praat op kamera

’n Voorskou van ’n dokumentêre rolprent oor die lewe van die voormalige Formule Een-renjaer Michael Schumacher word vandeesweek by die Cannes-filmfees vertoon.

Michael Schumacher tydens die Brasiliaanse Grand Prix in 2012. Foto: Getty Images

Die dramatiese lewe van dié Duitser, ’n sewemalige wêreldkampioen wat in 2013 in ’n ski-ongeluk was, sal in die rolprent, getiteld Schumacher, vereer word, berig dailymail.co.uk

Schumacher (50) se vrou, Corinna, en pa, Rolf, gaan na verwagting die eerste keer op kamera verskyn sedert Schumacher se ongeluk destyds.

Die fliek sal Schumacher, wat nog nie in die openbaar verskyn het sedert sy ongeluk nie, se lewensverhaal vertel – van hoe hy as jong seun by motorsport betrokke geraak het, berig theguardian.com

Die Duitser, wat in Januarie sy 50ste verjaarsdag gevier het, het in 1994 die eerste keer wêreldkampioen geword het.

Die fliek sal na verwagting vroeg in Desember in Duitse en Switserse teaters begin wys. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.