Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schurter en Lars druk stempel af

Die Switserse kombinasie van Nino Schurter en Lars Forster het Sondag die eerste slag geslaan in die Cape Epic-bergfietstoer.

Ariane Lüthi en Maja Wloszczowska van die span Kross-Spur. Foto: Cape Epic | Shaun Roy

Die Switserse vennootskap van Schurter en Forster (Scott-Sram-MTB Racing) het die proloog in 43 minute en 41 sekondes gewen. Die proloog oor 21 km het by die Universiteit van Kaapstad begin en geëindig.

Die Duitser Manuel Fumic en Henrique Avancini van Brasilië van Cannondale Factory Racing was tweede in 44:22. Sergio Gutierrez van Spanje en sy Tsjeggiese spanmaat, Ondrej Cink, was die verrassingspakket en het die laaste plek op die wennerspodium ingeneem. Hulle is van die Kross Spur-span.

“Dit was ’n goeie begin. Ons wou graag die proloog wen, so ek is baie tevrede,” het Schurter, wat in 2017 die kampioen was, gesê.

“Lars het ’n goeie pas gehandhaaf en ons albei het goed gevoel. Ek sien daarna uit om weer die geel trui te dra.”

Die Suid-Afrikaners Alan Hatherly en Matthew Beers (Specialized Foundation-NAD) het vir ’n groot deel van die proloog voorgeloop, maar weens meganiese probleme in die laaste paar kilometer hul plek op die podium verloor. Hulle is egter nou die draers van die rooi trui as voorlopers in die Afrika-kompetisie.

Lars Forster en Nino Schurter (Scott-Sram) trap Sondag die proloog van die Cape Epic teen die hange van Tafelberg in Kaapstad. Dit is in koel, mistige weer beslis. Foto: Cape Epic | Shaun Roy

In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Annika Langvad van Denemarke, en haar nuwe spanmaat, Anna van der Breggen van Nederland, hul aspirasies duidelik gemaak. Die kombinasie van Investec-Songo-Specialized se wentyd was 51 minute en 44 sekondes.

Tweede was Ariane Lüthi van Switserland en die Pool Maja Wloszczowska in 54:19. Die Suid-Afrikaner Candice Lill en haar Duitse spanmaat, Adelheid Morath, was derde met ’n tyd van 54:38.

“Dit het beter gegaan as wat ek verwag het, om eerlik te wees. Anna was so sterk ek moes net op my tande kners en byhou,” het Langvad gesê.

“Ek is bly die Cape Epic het nou uiteindelik begin! Dit was lekker daar buite en ek is baie tevrede. Daar is egter nog sewe dae oor en dus gaan ek nie nou al te opgewonde raak nie,” het Van der Breggen gesê.

Maandag se eerste skof is in Hermanus oor 112 km. Die Cape Epic-dorp is by die Hoërskool Hermanus. Die voorste jaers word omstreeks 11:30 by die eindpunt verwag. – Sportredaksie

Meer oor:  Lars Forster  |  Hermanus  |  Cape Epic  |  Nino Schurter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.