Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Schurter het nie sy gelyke in bergfietsry

Die bergfietsheld Nino Schurter het Saterdag ’n ongeëwenaarde agtste wêreldtitel in Kanada verower.

Nog ene vir Schurter. Die Switserse bergfietsryer Nino Schurter vier Saterdag sy agtste Wêreldtitel in die veldren-afdeling op die Wêreldbyeenkoms in Mont-Saint-Anne in Kanada. Foto: Getty Images

Dié Switser het sy klas in die veldren-afdeling vir elite-mans onderstreep toe hy die wedren oor sewe rondtes in Mont-Sainte-Anne (in Quebec, Kanada) in een uur, 27 minute en vyf sekondes afgeblits het. Sy landgenoot Mathias Flückiger, wat silwer verower het, was 30 sekondes stadiger. Stéphane Tempier van Frankryk het brons verower.

Suid-Afrika se groot hoop, Alan Hatherly, sal ná dese besef hoeveel werk vir hom voorlê as hy volgende jaar ’n faktor op die Olimpiese Spele in Tokio wil wees. Hatherly het 36ste geëindig en het meer as ses minute ná Schurter die eindstreep gehaal.

In die vroue-afdeling het Pauline Ferrand-Prevot van Frankryk te veel skietgoed vir haar teenstanders gehad en ’n gemaklike sege behaal. Suid-Afrika se Cherie Redecker en Candice Lill het onderskeidelik 36ste en 37ste geëindig en was ’n volle rondte agter Ferrand-Prevot. – Sportredaksie

Meer oor:  Bergfietsry  |  Wêreldbyeenkoms  |  Nino Schurter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.