Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sege lê om die draai, sê Plummer

Suid-Afrika gaan Australië harde bene laat kou en dalk in dié Vierhoekige reeks selfs ’n oorwinning behaal.

Bongiwe Msomi, die SA netbalkaptein. Foto: Gallo Images

So het ’n positiewe Norma Plummer, die SA afrigter, Vrydag uit ’n yskoue Liverpool gesê.

Sy glo die Proteas se geluk kan draai nadat hulle sedert die reeks se ontstaan in 2016 elke keer laaste geëindig het.

Die Suid-Afrikaners kon sedertdien net een oorwinning behaal – in September 2017 teen Engeland.

Vanjaar se Vierhoekige reeks begin Sondag in dié Engelse stad met die Proteas wat die Aussies die stryd aansê. Die tuisspan sal daarna teen Nieu-Seeland te staan kom.

Dié Vierhoekige reeks is die vierde en laaste in die huidige siklus. Die toekoms daarvan sal hierna bespreek word.

Belangriker egter, is dat dié reeks die laaste internasionale kompetisie is voor die Wêreldbeker-toernooi op 12 Julie in die einste Liverpool begin.

Norma Plummer, die Proteas se Australiese afrigter. Foto: Gallo Images

Die Proteas moet nóú wys of hulle in 2019 ware WB-aanspraakmakers gaan wees.

Dit is natuurlik nog bitter vroeg in die nuwe jaar en die Suid-Afrikaners het ’n gedugte taak, want die Aussies is die wêreldkampioen en ’n viermalige kampioen in dié reeks.

Die Aussies het in verlede jaar se reeks die Proteas met 54-50 in Londen en met 61-44 in Auckland geklop.

Terwyl die Aussies verlede jaar nog proefnemings gemaak het, het hulle nou hul grofgeskut na Engeland gestuur.

Plummer sê die hele span se “beweging” is beter noudat jonger spelers in die tweede deel van verlede jaar se reeks internasionale blootstelling gekry het.

“Jonger spelers het ingekom en het goed ingeskakel,” sê Plummer.

Die Kiwi’s is tweede op die wêreldranglys, die Engelse Rose vierde en die Proteas vyfde.

Suid-Afrika het met ’n groep van 15 na Engeland gereis.

Ná Liverpool word die volgende wedstryde in Londen beslis.

* SA groep: Erin Burger, Sigrid Burger, Khanyisa Chawane, Romé Dreyer, Maryka Holtzhausen, Phumza Maweni, Tshina Mdau, Bongiwe Msomi (k), Lenize Potgieter, Karla Pretorius, Monique Reyneke, Renske Stoltz, Shadine van der Merwe, Ine-Marí Venter, Zanele Vimbela.

Australiese groep: Caitlin Bassett (k), April Brandley, Kelsey Browne, Courtney Bruce, Emily Mannix, Jamie-Lee Price, Kate Moloney, Gabi Simpson, Caitlin Thwaites, Gretel Tippett, Liz Watson, Jo Weston, Stephanie Wood.

* TV: Sondag: 17:30: SA t. Australië; 20:00: Nieu-Seeland t. Engeland (SS 9).

Meer oor:  Netbal  |  Norma Plummer  |  Liverpool  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.