Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oorwinning wink vir Beukes, Heyns
Philip Buys lei Saterdag ’n groep ryers tydens die tweede skof van die Sani2c-skofwedren. Agter is Marco Joubert. Foto: Anthony Grote

Die manne van die PYGA Euro Steel-bergfietsspan, Matthys Beukes en Gert Heyns, kon ná ’n opwindende einde van die tweede skof daarin slaag om hul voorsprong in die Sani2C-skofwedren te vergroot.

Beukes-hulle het die tweede skof oor 97 km in 3 uur 24 minute 32 sekondes gewen en hul voorsprong met sowat vier minute gerek vir ’n algehele tyd van 6:14:45.

Die tweede Euro Steel-span, Philip Buys en Pieter du Toit, het hul algehele tweede plek behou met ’n tweede plek in 3:28:02. Hul algehele tyd is 6:18:17.

Marco Joubert en Rudi Koen (Umbuko Giants) het die derde plek voor die neus van Matt Beersen Wessel Botha opgeraap. Hul tyd was 3:28:03 (algeheel 6:24:50). Beers en Botha (TypeDev NanoTime) was vierde in 3:30:43 (algeheel 6:21:02).

Die tweede skof sluit in die bekende “Umko Drop”, ’n afdraande in die Umkomaasvallei, gevolg deur die “Iconic Climb”, ’n opdraande wat die bepalende faktor in die wedren kan wees.

Die afdraandes in die skof is 1 855 m en die klimwerk 1 185 m en eindig by die plaas Jolivet naby Umzinto.

Heyns sê Beukes was baie sterk en het die pas aangegee.

“Ons het nou ’n voorsprong van ’n paar minute opgebou, maar enigiets kan nog Sondag gebeur.

Robyn de Groot (voor) en Amy McDougall het Saterdag vir die grootste deel van die dag alleen gery. Foto: Anthony Grote

“Aanval is dikwels die beste vorm van verdediging,” sê Heyns.

Robyn de Groot (Dormakaba) en Amy McDougall, wat as Motorlease Perigon deelneem, het sake oorheers in die vrouewedren.

Hul wentyd was 4:05:39 vir ’n algehele tyd van 7:29:43. Hulle het meer as 13 minute voor Theresa Ralph en Kim le Court klaargemaak. Ralph-hulle was tweede in 4:19:52 (algehele tyd 7:51:53).

De Groot en McDougall het nou ’n algehele voorsprong van byna 22 minute en net ’n groot terugslag sal hulle van ’n oorwinning weerhou.

“Ons het ’n fantastiese dag gehad sonder enige probleme,” sê De Groot.

McDougall sê sy het die Sani2c al sewe keer gery en nog nooit ’n slegte dag beleef nie.

“Dit is ’n monster van ’n dag, maar so ’n ongelooflike wedren,” sê McDougall.

Die eindbestemming Sondag is Scottburgh. – Sportredaksie

Meer oor:  Bergfietsry  |  Matthys Beukes  |  Ert Heyns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.