Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Claressa Shields se kas is vol boksgordels

Claressa Shields, ’n Amerikaanse vroue-bokser, het geskiedenis gemaak toe sy Marie-Eve Dicaire maklik met punte verslaan het om al vier ligmiddelgewig-titels wat op die spel was te verower.

Al drie die beoordelaars het die geveg met 100-90 aan Shields toegeken, nadat 116 van haar houe getref het teenoor slegs 31 van Dicaire.

Die 25-jarige Shields het sodoende haar WBC- en WBO-titels behou, terwyl sy die IBF-titel by Dicaire afgeneem het en ook die vakante WBA-titel gewen het.

Sy hou reeds al vier titels in die middelgewig-afdeling.

Om besig te bly, beoog Shields om in Junie haar debuut in gemengde vegkuns (MMA) te maak. – BBC Sport

Meer oor:  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.