Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Siliga het Ruann se titel in sy visier

Ruann Visser, die Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen, kan dalk een van die dae gedwing word om sy titel teen Justice Siliga of Josh Pretorius te verdedig.

Siliga is tans die eerste aanspraakmaker op die Giant King (2,07 m) se titel, maar hy sit nie verveeld rond en wag vir sy kans nie.

Wilhelm Nebe
Wilhelm Nebe Foto: Christo Smith

Hy boks vandag in Blairgowrie se ontspanningsaal in Randburg teen Josh Pretorius, die nommertwee-aanspraakmaker op Visser se titel.

“Ek verwag ’n taai geveg, maar ek moet Justice besig hou. As hy wen, hoop ons dat Ruann sy titel teen hom sal verdedig,” sê Alan Toweel, Siliga se afrigter.

Siliga is ietwat van ’n enigma omdat hy skynbaar óf warm óf koud blaas. Hy het sover sewe gevegte in die beroepskryt gewen en ses verloor.

Pretorius, wat vyf van sy gevegte gewen en twee verloor het, hoop natuurlik self om sy plek op die rang­lys te verbeter en Visser die stryd aan te sê.

Toweel het nóg ’n swaargewig wat besig is om heelwat belangstelling gaande te maak.

Die 22-jarige Wilhelm Nebe, ’n voormalige SA super-swaargewig-amateurkampioen is 2 m lank en weeg 132 kg.

Hy het sover albei sy gevegte in die beroepskryt maklik met tegniese uitklophoue gewen.

“Wilhelm is ’n jong man wat nog baie moet leer, maar hy is baie sterk en slaan verwoestende kombinasies,” sê Toweel.

Nebe kom op dieselfde toernooi teen Nhlakanipho Gwamanda te staan.

Akani Phuzi, wat deur Toweel as ’n belowende junior swaargewig beskou word, kom in die hoofgeveg teen die ervare Mussa Ajibu van Malawi te staan.

  • Vanaf 14:00 regstreeks op SuperSport 11.
Meer oor:  Boks  |  Ruann Visser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.