Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Biles skuif Belo-Rus al verder uit rekordboeke

Simone Biles besig met haar roetine op die balk die wêreldkampioenskap in Stuttgart, Duitsland. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse gimnas Simone Biles het Sondag in Stuttgart ’n rekordgetal 25ste medalje op die Wêreldkampioenskappe gewen om die mees gevierde atleet in dié sportsoort te word.

Die 22-jarige Biles het in die eindronde van die balk-kompetisie haar vierde goue medalje van die week gewen om die Belo-Rus Vitaly Scherbo se medaljetotaal van 23 verby te steek. Biles het voortgegaan en ook in die vloeroefeninge goud gewen vir haar 25ste medalje.

Biles, ’n viermalige Olimpiese kampioen het nou 19 goue medaljes op vier kampioenskappe gewen. Scherbo se loopbaan het 12 goues tussen 1991 en 1996 opgelewer.

Biles het in ’n volgepakte stadion in Stuttgart ’n uitmuntende roetine op die balk gelewer om ’n telling van 15.066 te verdien.

Verlede jaar se wenner, Liu Tingting van China, het silwer gewen en haar 16-jarige spanmaat Li Shijia brons. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.