Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Skok oor F1-staatmaker se dood

Charlie Whiting, een van die invloedrykste figure in Formule Een, is Donderdagoggend – drie dae voor die eerste wedren van die seisoen – in Melbourne, Australië, dood.

Charlie Whiting was meer as twee dekades lank F1 se rendirekteur. Foto: Getty Images

BBCSport berig Whiting, F1 se rendirekteur en ’n geliefde in motorsportkringe, is in die ouderdom van 66 dood weens bloedvatverstopping in sy longe.

Jean Todt, president van die FIA, sê die sport het ’n “getroue vriend en charismatiese ambassadeur” verloor.

“Ek was ontsaglik hartseer om die nuus van Charlie se skielike dood te ontvang,” sê Todt.

“Ek het Charlie Whiting baie jare lank geken en hy was ’n uitstekende rendirekteur, ’n sentrale en weergalose figuur in F1 wat die etiek en gees van die sport verpersoonlik het.”

Whiting was sedert 1997 F1 se rendirekteur.

Ross Brawn, F1 se besturende direkteur, sê: “Ek ken Charlie van die begin van my loopbaan af. Ons het saam as werktuigkundiges gewerk, ’n vriendskap ontwikkel en so baie tyd op renbane oor die wêreld heen deurgebring.

“Ek was ongelooflik hartseer om die nuus te hoor. Dit is ’n groot verlies vir my persoonlik, die F1-familie, die FIA en motorsport in die geheel.”

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Charlie Whiting  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.