Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Skokapparate vir renperde in stalle gevind

Een van Australië se bekendste perde-afrigters, Darren Weir, is na bewering Woensdag in ’n klopjag op sy stalle in hegtenis geneem.

Darren Weir saam met een van sy perde, Kiwia. Foto: Getty Images

Weir het die gesogte Melbourne Cup, Australië se grootste perdewedren, in 2015 gewen. ABCSport berig Weir is een van drie mans wat as deel van ’n ondersoek oor korrupsie en die beweerde gebruik van skokapparate op perde in hegtenis geneem is.

Die polisie het toegeslaan op eiendomme in Ballarat en Warrnambool in Victoria.

Neil Paterson, polisiewoordvoerder, sê vier onwettige skokapparate, bekend in perdewedren-kringe as “jiggers”, is op die eiendomme gevind.

’n Ongelisensieerde vuurwapen asook ’n wit middel (vermoedelik kokaïen) is ook gevind.

“Ons het gehoor daar mag dalk beeldmateriaal in die openbaar in omloop wees waarop gesien kan word hoe die skoktoestelle gebruik word,” het Paterson gesê. Hy het die publiek gevra om met inligting na vore te kom.

Die polisie het gesê drie mans van onderskeidelik 48, 38 en 26 jaar oud is in aanhouding. Hul identiteite is nie bevestig nie.

Die drie is later vrygelaat sonder dat hulle aangekla is.

Volgens die polisie het die ondersoek in Augustus begin en hou verband met korrupsie in sport.

– Sportredaksie

Meer oor:  Perdewedrenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.