Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Skraal Mexikaan in Ludumo Lamati se pad
Ludumo Lamati deel straf uit in sy tweede kragmeting met Said Mohamed Hassan vroeër vanjaar in Kempton Park. Foto: Gallo Images

Ná byna 18 gevegte in die beroepskryt voel Ludumo Lamati dis nou tyd dat hy ’n wêreldtitel wen. Saterdag kry hy sy kans om dit te doen, maar ’n skraal Mexikaan staan in sy pad.

Lamati kom by Emperors Palace in Kempton Park te staan teen José Martin Estrada Garcia om die vakante junior veergewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie.

Toe Garcia in aanloop tot die geveg gevra is hoe voel hy oor sy kragmeting met Lamati, het hy met ’n rustige stem geantwoord, so asof hy pas ná ’n siësta wakker geword het.

“Ek is nie bekommerd of senuweeagtig nie. Ek het al teen baie sterk ouens baklei,” het Garcia gesê.

José Martin Estrada Garcia van Mexiko boks Saterdag in Kempton Park teen Ludumo Lamati. Foto: Facebook
Sal hulle Saterdagaand ná die geveg teen Tomi Silvennoinen weer so lekker lag? Brandon Thysse en sy afrigter, Damien Durandt, ná Thysse se vorige geveg teen Boyd Allen. Foto: Gallo Images

Die twee manne se geveg sal hopelik Golden Gloves se toernooi op ’n hoogtepunt laat eindig.

Hulle sal moet uithaal, want daar is ’n paar ander gevegte op die program wat die hoofopskrifte kan steel.

In die hoofvoorgeveg kom die twee puik weltergewigte, Thulani Mbenge en Jabulani Makhense teen mekaar te staan.

Dis moeilik om ’n wenner te voorspel, maar Mbenge se groter ervaring en akkurate harde houe kan hom dalk net laat wen.

Twee plaaslike junior middelgewigte, Brandon Thysse en Roarke Knapp, kan op hul beurt in hul gevegte teen internasionale teenstanders seëvier.

Thysse se teenstander, die Fin Tomi Silvennoinen, se gewoonte om sy hande laag te hou, kan hom in droomland laat beland.

Benoit Makangila Vela van die Kongo kan ook op die krytvloer beland teen die ongemaklike Knapp.

Die strydros Johnny Muller kan die keer ook ’n meer mededingende geveg verwag wanneer hy teen Akani Phuzi baklei.

Muller het hul vorige kragmeting oorheers, maar Phuzi is glo vasbeslote om dié keer beter te vaar.

In die aanloop tot hierdie gevegte is daar verskeie ander tussen opkomende vegters wat ook lekker opwindend kan wees.

Die toernooi word Saterdag in sy geheel van 13:30 op SuperSport (kanaal 202) uitgesaai.

• Kyk hier na een Ludumo Lamati se vorige geveg, teen Bryan Mairena in 2019 in Engeland: 

Meer oor:  Boks  |  Brandon Thysse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.