Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sky-fietsryspan soek 'n nuwe borg
Twee van Team Sky se spanlede staan in Julie op die podium in Parys. Geraint Thomas van Wallis (links) het die Tour de France gewen en Chris Froome het derde geëindig. Foto: Getty Images

Een van die wêreld se voorste fietsryspanne sal eersdaags ’n nuwe borg moet soek.

Die Britse uitsaaier Sky het Woensdag bekend gemaak dat sy eienaarskap en verbintenis met die Britse Team Sky ná die 2019-seisoen tot ’n einde kom.

Die Sky-span is tans tweede op die wêreldbeheerliggaam se ranglys vir spanne.

Dié span het sedert 2012 agt Grand Tour-titels gewen.

Hy sal nou ’n nuwe naamborg moet kry.

Daar lê ’n opwindende jaar van fietsry voor. Ons sal ons bes doen om Team Sky nóg sukses te besorg.
Dave Brailsford

Dave Brailsford, die spanbestuurder, sê dit is nie die einde van die span nie. “Die span is ontvanklik vir nuwe moontlikhede en die potensiaal om met ’n nuwe vennoot saam te werk,” sê hy in ’n verklaring.

“Daar lê ’n opwindende jaar van fietsry voor. Ons sal ons bes doen om Team Sky nóg sukses te besorg.”

Team Sky is in 2010 op die been gebring met die ambisieuse doel om binne vyf jaar ’n Britse wenner van die Tour de France op te lewer.

Die span het dit reeds in 2012 vermag toe Bradley Wiggins gewen het.

Chris Froome

Chris Froome het ’n jaar later die eerste van sy vier oorwinnings in die Tour de France gevier. Hy het verlede jaar die eerste fietsryer in meer as 30 jaar geword om al drie Grand Tour-titels te wen toe hy ook die Vuelta a Espana en vanjaar se Giro d’Italia gewen het.

Geraint Thomas het vanjaar die derde Brit geword om die Tour vir Sky te wen.

Die span het sedert sy ontstaan altesaam 322 oorwinnings behaal.

Jeremy Darroch, die uitvoerende hoof van Sky, sê die uitsaaier gaan ná 2019 fokus op ander inisiatiewe soos sy Sky Ocean Rescue-veldtog.

Al het Team Sky die fietsrylandskap oorheers, was dit nie sonder omstredenheid nie.

Die 33-jarige Froome is verlede jaar ondersoek weens oormatige gebruik van asmamedisyne.

Die span is onder meer gekritiseer dat hy nie akkurate mediese rekords gehou het nie, en “etiese grense” oorsteek het. – Reuters

Meer oor:  Geraint Thomas  |  Chris Froome  |  Brittanje  |  Onttrek  |  Sky  |  Fietsry  |  Span  |  Borg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.