Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Smokkel Froome met almal se kop?

Die raaisel oor die Britse fietsryer Chris Froome se peil het nog verder verdiep nadat hy op die oog af nie kon byhou tydens die tweede skof van die Critérium du Dauphiné in Frankryk nie.

Froome (35) het die skof, oor 135 km tussen Vienne en Col de Porte, in die 49ste plek voltooi – 8 minute en 32 sekondes ná die wenner, Primož Roglic (Jumbo-Visma) van Slowakye.

Die 35-jarige Froome en sy spanmaats van Ineos was oor die laaste paar kilometer vooraan die peloton en het die pap dik aangemaak. Maar sowat 5 km voor die eindpunt het Froome agtertoe gekyk en na die kant van die pad getrek. Toe ’n kameraman langs hom was, het hy sy duim in die lug gehou.

Primož Roglic het Donderdag die tweede skof van die Critérium du Dauphiné gewen. Foto: Getty Images

Die groot vraag is, kon hy regtig nie byhou nie of was sy werk vir die dag klaar? Of is hy besig om op te bou na die Tour de France (waarvan hy ’n viermalige wenner is), wat later vandeesmaand begin.

Roglic het oor die laaste sowat kilometer behoorlik onder die peloton uitgery. Sy wentyd was 3 uur, 39 minute en 40 sekondes. Hy het ook die voorloperstrui by sy spanmaat Wout van Aert (België), wat vroeër die dag geval het, oorgeneem.

Egan Bernal (Ineos), wat die Tour de France in 2019 gewen het, is tot kort voor die einde nog as ’n moontlike skofwenner beskou, maar toe Roglic weggebreek het, was dit vir Bernal ook neusie verby. Hy het tiende oor die eindstreep gery.

Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott), wat tweede in Woensdag se eerste skof was, het reeds ’n hele paar kilometer voor die einde kontak met die peloton verloor. Hy het 109de klaargemaak, terwyl nog ’n Suid-Afrikaner, Louis Meintjes (NTT), 67ste was.

Vrydag se derde skof, oor 157 km, word tussen Corenc en Saint-Martin-de-Belleville beslis.

Meer oor:  Fietsren  |  Critérium Du Dauphiné  |  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.