Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Span beboet omdat spelers nie bikini’s dra

Noorweë se strandhandbalspan is met €1 500 (R25 970) beboet omdat die spelers kortbroeke pleks van bikinibroekies gedra het in hul bronsmedalje-wedstryd teen Spanje in die Europese Kampioenskap in Varna, Bulgarye.

Noorweë dra kortbroeke op die Europese Kampioenskap. Foto: Instagram

Die Europese Handbalfederasie (EHF) sê in ’n verklaring hy het die boete opgelê weens die span se “onbehoorlike kleredrag”. Die New York Times berig die EHF se voorgeskrewe kleredrag vir vrouedeelnemers is bikinibroekies.

Die EHF sê hy het “elke speler met €150 beboet vir ’n groottotaal van €1 500”.

Kare Geir Lio, grootbaas van die Noorweegse Handbalfederasie (NHF), sê die beheerliggaam het die boete betaal, maar meen kleredrag moet ’n vrye keuse wees binne ’n gestandaardiseerde raamwerk.

“Die belangrikste ding is om toerusting en uitrustings te hê waarmee die spelers gemaklik is,” sê hy.

“Ons is baie trots op hierdie vroue, wat gedurende die Europese Kampioenskap stem dik gemaak het en gesê het genoeg is genoeg. Die NHF staan agter julle en ondersteun julle.

Noorweë se Martinsen Marielle Elisabeth Mathisen (links) dra ’n bikinibroekie op ’n vorige toernooi. Foto: Getty Images

“Ons sal saam voortgaan om te baklei dat die reëls rakende kleredrag aangepas word. Die doelwit is dat spelers in uitrustings meeding waarmee hulle gemaklik voel.”

Noorweë het die EHF voor die begin van die byeenkoms genader en toestemming gevra om kortbroekies te dra. Die EHF het die versoek egter geweier en gewaarsku enige oortreding van die reëls is strafbaar met boetes.

’n Noorweegse mosie om die huidige reëls aan te pas, sal in die komende maande deur die beheerliggame bespreek word.

Kleredrag in strandsporte is die afgelope jare ’n netelige kwessie omdat sommige spelers meen die bikini is vernederend en onprakties. – Sportredaksie

Meer oor:  Bikini  |  Strandhandbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.