Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Span ‘verward’ nadat ryer Tour skielik staak

Die wêreld-tydtoets-kampioen Rohan Dennis se besluit om die Tour de France sonder ’n verduideliking in die middel van die 12de skof te verlaat is “verwarrend” en “teleurstellend”, sê sy Bahrain-Merida-span.

Rohan Dennis het die Tour de France sonder ’n verduideliking verlaat. Foto: Getty Images

ABCSport berig Dennis het 80 km voor die einde van Donderdag se skof van sy fiets af geklim.

Die 29-jarige Aussie was een van die gunstelinge om in Vrydag se individuele tydtoets van 27,2 km in Pau te seëvier.

“Ons is verward en ek is teleurgesteld met wat gebeur het, want ons het ’n groot vertoning van hom verwag Vrydag,” sê die spanbaas Gorazd Stangelj.

“Dit was sy besluit om te stop. Ons het met hom probeer gesels, ons het die ondersteuningsvoertuig gestop en ’n oplossing probeer vind vir wat aangaan.

“Hy het net gesê, ‘Ek wil nie praat nie,’ en die wedren verlaat.”

Dennis het geweier om joernaliste by Bahrain-Merida se spanbus toe te spreek toe hy gevra is hoekom hy hom onttrek het.

Stangelj sê Dennis se onttrekking “het niks te doen met sy fisieke toestand nie” toe hy gevra is of die ryer siek voel.

“Sy toestand is nie sleg nie, dit is goed genoeg om aan die Tour de France deel te neem,” sê hy.

Stangelj is ook gevra of daar ’n struweling was tussen Dennis en die span en of Dennis ongelukkig was met die fiets waarmee hy toegerus sou word vir die tydtoets.

“Daar was vanoggend geen rusies in die bus nie,” sê hy.

“Ek het hom die afgelope twee dae nie gevra om die span se waterbottels te dra nie want ek wou hê dat hy sy energie spaar vir die tydtoets.

“Ek het hierdie seisoen geen probleme met hom ondervind nie. Hy is ’n spesiale ou, alle kampioene is, hy is 100% wanneer hy iets wil hê.

“Hy is altyd op soek na 100% en dit is nie maklik vir alles om 100% in ’n resies te verloop nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.