Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Spanbaas en voormalige F1-bestuurder sterf

Adrián Campos (60), Spaanse spanbaas en voormalige Formule 1-bestuurder, is dood.

Adrián Campos in 2019. Foto: Getty Images

Hy het ook ’n groot rol gespeel in Fernando Alonso, sy landgenoot en tweemalige wêreldkampioen, se sukses.

Campos Racing, wat spanne in Formule 2 en Formule 3 het, sê in ’n verklaring dat hul stigter dood is aan ’n “skielike koronêre siekte”.

“Sy hart het ophou klop, maar sy nagedagtenis sal die enjin wees wat ons almal laat aanhou veg vir sy nalatenskap.”

Campos het in 17 Grand Prix-wedrenne in 1987 en 1988 begin, sonder om ’n enkele punt te kry.

Hy het begin fokus om spanne in die junior-reeks te bestuur, waar hy met die toekomstige F1-renjaers Marc Gene en Alonso gewerk het.

“Een van die hartseerste dae vir die motorsport-familie,” sê Alonso op Twitter.

“Bestuurder en goeie bemarker vir die sport. Dankie dat jy oor Formule Een gedroom het. Dankie dat jy in jong mense geglo het. Dankie en rus in vrede.”

Carlos Sainz van Ferrari het Campos geloof as “ ’n maatstaf van ons sport in Spanje en internasionaal”.

Alejandro Agag, Formule E se stigter, wat Campos se GP2-span in 2009 gekoop het, het sy landgenoot bedank dat hy hom aan wedrenne blootgestel het.

Jack Aitken van Brittanje, plaasvervanger vir die Williams-span wat verlede jaar sy buiging in die Grand Prix in Bahrein gemaak het, het ook vir Campos F2 se span in 2020 gery.

Campos se aansoek is in 2009 aanvaar om ’n Campos Meta-span in te skryf vir Formule 1, maar weens finansiële probleme het ’n verandering in eienaarskap beteken dat hulle as Hispania deelgeneem het. Dit het later HRT F1 geword.

Daniel Ricciardo van Australië het in 2011 sy F1-buiging vir die span gemaak, maar in 2012 het die span gevou. – Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Formule Een  |  Formule 1-Ren  |  F1  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.