Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Spanje troef Proteas in halfeind
Quanita Bobbs Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan se Olimpiese droom het ’n knou weg nadat Spanje hom Woensdag in Valencia in hul halfeindstryd van die FIH-eindronde met ’n doel in die beslissende kwart met 1-0 geklop het.

Die gasheer, sewende op die ranglys, het met sewe minute oor die enigste doel van die wedstryd uit gebroke spel aangeteken.

Suid-Afrika het aan die begin, met die senuwees wat dalk gepla het, sy besit te maklik verloor. Dit het gelei tot die enigste strafhoek van die eerste kwart wat die Spanjaarde nie kon afrond nie.

Spanje was in die kwart sewe keer binne die doelsirkel.

Die Proteas se verdediging, met die kaptein, Erin Hunter, in beheer, het gehou.

Suid-Afrika het algaande op dreef begin kom in die tweede kwart. Hy was die eerste keer in die oorkantste doelsirkel en het meeste van die speelwerk gedoen. Daar was ’n paar keer belowend opgebou met goeie lopies deur Kriston Paton en Quanita Bobbs, maar dit was rustyd steeds 0-0.

Spanje se Carlota Petchame en Berta Bonastre het in die eerste helfte kanse op doele uit gebroke spel gehad waaroor hulle spyt sal voel.

Suid-Afrika se beste kans van die derde kwart was sy eerste strafhoek wat bewerkstellig is deur Bobbs, maar dit was steeds 0-0 met die aanbreek van die beslissende kwart.

Begoña Garcia het in die 53ste minuut soos ’n valk op die bal toegesak en afgerond nadat dit teruggespat het van die Suid-Afrikaanse doelwagter, Phume Mbande, wat die poging voor dit met die beenskutte uitgehou het.

Spanje speel in die eindstryd Donderdag teen Kanada speel. Die Kanadese het Italië met 7-0 in die eerste halfeindstryd afgeransel. Suid-Afrika en Italië sal dit nou om die bronsmedalje uitspook.

Meer oor:  Vroue-Hokkie  |  Spanje  |  Suid0afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.