Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Spele behou dalk dieselfde datum in 2021
Die IOK is van plan om binne die volgende vier weke op ’n nuwe datum vir die Olimpiese Spele in Tokio te besluit. Foto: Getty Images

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) kyk weer na ’n tydgleuf in Julie en Augustus 2021 vir die aanbied van die Tokio Spele en hoop om voor die einde van volgende maand die nuwe datum te bevestig.

So het John Coates, die IOK se hoof vir die Spele, Donderdag aan Japan se Yomiuri Shimbun gesê.

Coates sê die venster waarbinne die Spele gehou kan word is nie baie groot nie en sal waarskynlik moet gebeur tussen twee Grand Slam-tennistoernooie: Wimbledon, wat in middel Julie plaasvind, en die Amerikaanse Ope, laat in Augustus.

“Ons wil binne die volgende vier weke die datums min of meer finaliseer,” het Coates gesê.

Die grootste uitdagings is dat swem se Wêreldkampioenskap geskeduleer is om volgende jaar van 16 Julie tot 1 Augustus plaas te vind, en die atletiek-Wêreldkampioenskap op sy beurt vir 6 tot 15 Augustus geskeduleer is.

Sebastian Coe, die president van Wêreldatletiek, het egter reeds aangedui dat atletiek se wêreldbyeenkoms na 2022 geskuif kan word sou dit nodig wees.

Volgens Coates is die hoop dat dieselfde datums wat aanvanklik vir 2020 beplan is behou kan word.

Dit beteken dat die Tokio Spele volgende jaar van 24 Julie tot 9 Augustus kan plaasvind.

Dieselfde logistieke reëlings sal waarskynlik geld. Byvoorbeeld behoort die marathons steeds in Sapporo gehou te word om die kwaai Tokio-hitte te ontduik.

Ná weke van onsekerheid het die IOK uiteindelik Dinsdag ingegee en besluit om die Spele uit te stel te midde van die Covid-19-pandemie wat die wêreld op sy kop gekeer het.

Volgehoue druk van atlete, tesame met die onttrekking van Kanada en Australië aan die Spele – indien die 2020-datum behou sou word – het die IOK met geen ander keuse gelaat nie as om die skouspel uit te stel.

Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele  |  Koronavirus  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.