Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Spele: ‘Skuif gholf ook weens hitte’
Die klubhuis van die Kasoemigaseki-baan, waar die Olimpiese gholftoernooie vir mans en vroue in 2020 gespeel gaan word.Foto: Getty Images

’n Welbekende Japannese politikus het die Olimpiese baas, Thomas Bach, gevra om Tokio se 2020-gholftoernooie na ’n koeler plek te skuif.

Hy glo dit sal onverantwoordelik wees om dit by die beoogde baan te hou weens die verwagte hitte volgende jaar.

Die versengende hitte van Tokio se somer het reeds die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) genoop om aanstaande jaar se marathon en stapwedlope na die koeler noordelike eiland van Hokkaido te skuif.

Sjigefoemi Matsoesawa, ’n lid van Japan se huis van raadslede, het nou aan Bach geskryf oor sy kommer rakende die Kasoemigaseki-gholfklub, wat sowat 50 km noordwes van sentraal-Tokio geleë is.

Die uitsonderlike warm weer daar is ’n ernstige probleem.
Sjigefoemi Matsoesawa

“Die uitsonderlike warm weer daar is ’n ernstige probleem,” skryf Matsoesawa.

Studies toon waar die gholfbaan geleë is, is die warmste plek in Japan.

“Die tydperk tussen Julie en die begin van Augustus is die warmste deel van Japan se somer en dus is dit nie oordrewe nie om te sê dat ’n buitenshuise sportbyeenkoms in die warmste gebied in Japan in daardie tyd buite die kwessie is,” skryf hy.

Volgende jaar se Spele vind van 24 Julie tot 9 Augustus plaas. – Reuters

Meer oor:  Tokio  |  Iok  |  Skuif  |  Olimpiese Spele  |  Marathon  |  Hitte  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.