Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Kyle kry trekpas vir rassistiese uitlating
Die Nascar-renjaer Kyle Larson. Foto: Getty Images

Kyle Larson is deur sy Chip Ganassi Racing-span afgedank nadat dié Nascar-renjaer ’n rassistiese uitlating gemaak het in ’n regstreekse iRacing-esports-byeenkoms.

Larson het die neerhalende uitlating gemaak terwyl hy glo sy mikrofoon vir die virtuele wedren getoets het sonder om te besef dat almal hom kan hoor.

“Kyle, jy gesels met almal, maat,” het een van sy teenstanders reageer. ’n Tweede stem op die uitsending het gesê: “Geen manier dat dié so pas gebeur het nie.”

Die Chip Ganassi Racing-span het Dinsdag in ’n verklaring bevestig dat hy sy vennootskap met Larson beëindig het. Die span het die druk gevoel toe sy hoofborge, McDonald’s en Credit One Bank, Maandag hul vennootskap met die 27-jarige renjaer beëindig het.

Nascar het ook die renjaer Maandag ná Sondag se voorval onbepaald geskors en hom beveel om sensitiwiteitsopleiding te ondergaan.

Larson, ’n sesmalige wenner in die Nascar Cup-reeks, het om verskoning gevra en gesê sy optrede was “onverskoonbaar”, maar dit was nie genoeg om sy werk te red nie.

– Reuters


Meer oor:  Nascar  |  Rassisme  |  Motorsport  |  Kyle Larson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.