Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sportlui opgewonde oor Biden-era

Baanbrekers in sport soos Billie Jean King (tennis), Megan Rapinoe (sokker) en Lewis Hamilton (Formule Een) het onder die bekende sportlui getel wat pres. Joe Biden en visepresident Kamala Harris se inhuldiging Woensdag verwelkom het. Hulle hoop die nuwe Amerikaanse administrasie kan ’n meer inklusiewe samelewing tot stand bring.

Megan Rapinoe sê Amerika moenie nou die geleentheid laat verbygaan om die stryd vir gelykheid te verskerp nie. Foto: Getty Images

Die gewese oudpres. Donald Trump het skerp kritiek uitgespreek teen sportlui wat hul roem gebruik het om die soeklig op omstrede kwessies soos polisiegeweld in Amerika te laat val en veral toe dié bekendes protes aangeteken het deur te kniel tydens die sing van die Amerikaanse volkslied.

“Laat ons nie hierdie geleentheid laat verlore gaan om die foute van ons verlede reg te stel en vorentoe te beweeg met geregtigheid en gelykheid nie,” sê Rapinoe, ’n tweemalige Wêreldbeker-wenner, op Twitter.

Tydens Rapinoe-hulle se opmars na die WB-kroon in 2019, het Rapinoe dit duidelik gemaak dat sy nie Withuis sou besoek indien hulle die toernooi wen nie. Trump het in reaksie hierop skerp kritiek teenoor Rapinoe op Twitter uitgespreek.

Maar met Trump nie meer in die Withuis nie, glo baie atlete dat daar nou ’n kans is om vordering te maak met baie kwessies, maar veral die sterftes van swart mense in polisieaanhouding, wat verlede jaar wêreldwyd tot die Black Lives Matter-protesoptogte aanleiding gegee het.

Ander sportlui het gefokus op Harris se inhuldiging as die eerste vroue-, Asiatiese Amerikaanse en swart visepresident.

Lewis Hamilton het pres. Joe Biden en Kamala Harris, visepresident, se inhuldiging as ’n geskiedkundige dag beskryf. Foto: Getty Images

“Praat van ’n oomblik vir my kinders om te sien,” het Steph Curry, ’n basketbal-superster in Amerika saam met ’n foto van Harris se inhuldiging op sosiale media geplaas.

King, die legendariese oudtennisspeler en aktivis vir gelyke prysgeld in sport, sê Harris se inhuldiging lui ’n nuwe era in.

“Kamala Harris is die eerste, maar sal nie die laaste wees nie,” sê King in ’n twiet.

Hamilton, Brittanje se sewemalige F1-wêreldkampioen, het die inhuldiging as ’n “geskiedkundige dag in Amerika” bestempel.

“Vandag bring soveel hoop vir die toekoms, ’n voorbeeld van diversiteit in leierskap wat ek hoop in die toekoms in die sakewêreld en regerings ook gesien sal word,” sê Hamilton, F1 se enigste swart renjaer. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.