Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sportster lag, doen breinskade op

Die Britse hokkiester Alex Danson se wêreld het ineengestort nadat sy breinskade opgedoen het toe sy vir haar kêrel se grappie lag en haar kop stamp.

Alex Danson het Engeland by die Wêreldbekertoernooi in 2018 aangevoer. Foto: Getty Images

Stuff berig Danson, ’n gouemedaljewenner by die Olimpiese Spele in 2016, was die afgelope 11 maande afgesonder van haar vriende en familie en het nog nie teruggekeer na die sport wat sy vir 18 jaar as ’n beroepspeler beoefen het nie.

Danson het die breinbesering opgedoen op vakansie in Kenia saam met haar kêrel, Alex Bennett, deur eenvoudig vir een van sy grappies te lag.

“Ek het my kop teruggegooi en dit teen ’n betonmuur gestamp. Nie ’n motorongeluk nie, nie ’n val nie, nie bewusteloos nie. Ek het net my kop teen ’n slegte hoek teen ’n muur gestamp,” sê sy.

“Ek het die volgende oggend ’n fout gemaak. Dit is seker ’n gewoonte van sportmense om sekere beserings af te lag, so ek en Alex het gaan draf.

“Ek het goed gevoel, so ek het gedink, ‘gaaf, geen harsingskudding nie’. Maar die oomblik wat ons na die hotel teruggekeer het, het alles begin draai, en dit was regtig die begin.”

Danson se lewe is omvergegooi. Sy het bystand nodig gehad om die badkamer te gebruik, sy was nie in staat om televisie te kyk nie en sy het byna deurlopend aan hoofpyn gely.

Sy moes binnenshuis ’n sonbril dra en het 15 uur per dag geslaap.

View this post on Instagram

. 1 month until I marry this dream boat ????????

A post shared by ALEX DANSON MBE (@alexdanson15) on

“Ek kon nie glo wat met my gebeur nie – slegs ’n paar maande nadat ek my span by ’n Wêreldbekertoernooi aangevoer het, kon ek nie alleen badkamer toe gaan nie en was ek in die hospitaal weens stuipe,” sê die voormalige Engelse kaptein.

“Lig en geraas is sedert die voorval vir my besonder erg. In daardie eerste klompie maande het die geluid van ’n koffiebeker wat neergesit word my fisiek siek gemaak.

“My broer sal nie omgee as ek dit deel nie, sy stem is diep en nogal luid, sy lag ook, en ek onthou ek het hom gesmeek om stil te bly want dit het my hoofpyne vererger.

“Lig is baie moeilik, veral binnenshuis. Ek sit met my rug teen die vensters om direkte lig van buite af te vermy.

“Skerms is ook erg. Ek het dit dadelik besef en selfs nou kan ek nie lank na my selfoon, televisie of tablet kyk sonder om ’n verskriklike hoofpyn te kry nie.”

Danson sê nou, amper ’n volle jaar ná die voorval, het die ergste simptome gewyk. Dit gee haar ’n bietjie hoop dat sy uiteindelik die geleentheid sal kry om terug te keer na die hokkieveld, moontlik selfs betyds vir volgende jaar se Olimpiese Spele.

“Ek sal weer speel,” sê sy. “Hopelik vir Brittanje. Tokio moet die mikpunt wees.”

Maar vir eers is sy net verlig om vir die eerste keer in 11 maande sonder pyn en lyding te kan leef.

“Ek trek al by 20 minute ononderbroke draf en dit voel net ongelooflik om dit weer te kan doen.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Harsingskudding  |  Hokkie  |  Alex Danson  |  Breinbesering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.