Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sportsterre bring hulde aan NBA-legende
Kobe Bryant en sy dogter, Gianna. Foto: Getty Images

Huldeblyke van sportlui en glanspersoonlikhede van reg oor die wêreld het ingestroom nadat die legendariese basketbalspeler Kobe Bryant (41) Sondag in Kalifornië in ’n helikopterongeluk gesterf het.

Die gewese All Black-loskakel Dan Carter, kampioen-tennisspelers Rafael Nadal en Novak Djokovic, asook Donald Trump en Barack Obama, tel onder diegene wat huldeblyke aan Bryant gelewer het.

Bryant was ’n vyfmalige NBA-kampioen, wat in 2016 uitgetree het. Hy het die LA Lakers vir die duur van sy loopbaan van 20 jaar verteenwoordig en word beskou as een van die beste spelers in die sport se geskiedenis.

’n Minuut van stilte is Sondag by alle basketbalwedstryde in Amerika gehandhaaf, terwyl Bryant ook onthou is by die Grammy-pryse, wat Sondagaand by die Staples Centre, die tuiste van die Lakers, aangebied is.

Bryant en sy 13-jarige dogter, Gianna, tel onder die nege mense wat Sondag dood is in Calabasas toe die private helikopter waarin hulle gevlieg het in mistige weer neergestort en in vlamme uitbars het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

– Sportredaksie

Meer oor:  Basketbal  |  Kobe Bryant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.