Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Statebond gaan nie bes gee oor skiet
Skiet sal na jare nie in 2022 deel van die Statebondspele wees nie en dit maak 'n paar lande warm om die kraag.Foto: Getty Images

Die Statebondfederasie gaan hom nie laat afdreig nie.

Só sê Louise Martin, president van dié federasie, oor sy besluit dat skiet nié in 2022 deel van die program in Birmingham gaan wees nie, ten spyte van ’n dreigement deur Indië om uit protes dié sportgebeurtenis te boikot.

Martin het aan Brittanje se Daily Telegraph gesê die besluit is geneem weens logistieke redes.

Dit sal die eerste keer sedert 1974 wees dat skiet nie deel van die Spele-program is nie.

Skiet is een van Indië se voorste sportkodes. Skuts het in 2018 in die Goudkus in Australië 16 van Indië se 66 medaljes gewen, waaronder sewe goues.

Louise Martin, grootbaas van die Statebondspele.Foto: Getty Images

Narinder Batra, president van die Indiese Olimpiese Vereniging (IOV), het in Julie die minister van sport, Kiren Rijiju, gevra dat dié land die Spele boikot.

Martin sê ’n sport moet die reg verdien om deel van die Spele te wees.

“Skiet sal nie deel van die Spele wees nie. Ons het nie meer ruimte nie.”

The Telegraph berig Birmingham het aangebied om twee skietbyeenkomste aan te bied, maar dit is afgeskiet deur die Internasionale Skietsport-federasie, wat ’n volle program wil hê.

Die naaste sentrum aan Birmingham wat organiseerders meen geskik sal wees vir ’n volle skietprogram, is in Bisley, Surrey, sowat 209 km weg.

Martin wil glo met Indiese beamptes gesels, asook Nigel Adams, die Britse minister van sport. – Reuters

Meer oor:  Louise Martin  |  Brittanje  |  Indie  |  Boikot  |  Skiet  |  Statebondspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.