Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Steeds min antwoorde vir kontaksporte

Dit is steeds nie seker wanneer Suid-Afrikaanse kontaksportsoorte na die oefenveld kan terugkeer nie.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur. Foto: Gallo Images

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Maandag aanpassings aan die regering se Covid-19-sportregulasies in die Staatskoerant gepubliseer.

Daarin gee die minister opdrag dat sportsoorte binne die volgende 14 dae onder meer moet bevestig hoeveel atlete en beamptes “betrokke is” en hoeveel positief getoets is vir die virus.

’n Rolspeler in Suid-Afrikaanse rugby sê daar is verwarring oor die vereiste om weer ’n bedryfsplan aan die minister voor te lê.

Volgens die Staatskoerant moet die plan “omvattend” wees.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die regering al aan die einde van verlede maand in kennis gestel van sy planne om weer te begin oefen.

“Sportsoorte moet toesien dat alle atlete en beamptes getoets word vir die koronavirus voordat enige kontaksport hervat kan word,” lui die nuwe kennisgewing.

Daar word benadruk dat sportsoorte bykomende voorsorgmaatreëls in werking moet stel voordat oefeninge of wedstryde in brandpunt-gebiede gehou kan word.

Rapport het Sondag berig Andisa Ntsila, losvoorspeler van die Cheetahs, is die eerste beroepspeler in Suid-Afrikaanse rugby wat positief getoets is vir die koronavirus.

Een van die aanpassings in die Staatskoerant lui: ’n Sportsoort moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir sy spelers, beamptes en werknemers in die stryd om Covid-19 in toom te hou.

Die onderskeie sportsoorte sal verantwoordbaar wees vir enige nalatigheid.

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, het Maandagaand aan Johann de Jager gesê hulle hoop om so gou moontlik duidelikheid oor die nuwe kennisgewing te kry.

“Ons het al ons planne meer as ’n week gelede deurgegee (aan Saru).”

As kontaksporte soos rugby, netbal, hokkie en sokker ’n verdere 14 dae moet wag vir goedkeuring van die regering, sal dit beteken dat daar eers aan die einde van Julie of dalk vroeg in Augustus oefensessies gehou kan word.

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Staatskoerant  |  Kontaksport  |  Covid-19-Regulasies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.