Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Stemela se ‘beurt om te verloor’
Azinga (The Golden Boy) Fuzile. Foto: Gallo Images

“Ek het my beurt gehad om te verloor, nou is dit syne,” is hoe Azinga Fuzile sy komende boksgeveg teen Lunga Stemela opsom.

Fuzile en Stemela pak mekaar op 6 Desember in Oos-Londen in die afdeling vir super-veergewigte.

Lunga Stemela. Foto: Facebook

Dit sal Fuzile se eerste geveg sedert sy verrassende nederlaag – sy enigste sover in die geldkryt – in September verlede jaar teen Shavkat Rakhimov van Tajikistan wees.

Stemela is nog onoorwonne ná 13 gevegte, maar Fuzile het aan SA Boxing Talk gesê dis net ’n kwessie van tyd voordat hy ook weet hoe dit voel om te verloor.

“Ek het uit my vorige geveg geleer. Ek sal nie weer dieselfde foute maak nie,” het Fuzile gesê.

Fuzile was besig om Rakhimov deurmekaar te slaan voordat hy roekeloos geraak het en self die knie moes buig.

Daar was ná die geveg ’n bohaai omdat Rakhimov se helpers hom gedurende die geveg aan iets uit ’n botteltjie laat snuif het, wat hom weer help fokus het.

Die Internasionale Boksorganisasie het toe besluit dat Fuzile iewers vorentoe die kans sou kry om aan ’n uitdungeveg deel te kan neem, met die wenner wat dan ’n titelkans sal kry.

“Dis waarvoor ek mik. Ek kan nou terugkyk na my nederlaag en selfs daaroor spot, want die lewe gaan aan,” het Fuzile gesê. – Sportredaksie

Meer oor:  Azinga Fuzile  |  Boks  |  Oos-Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.