Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sterk nuwe vrouespan in SA fietsry

Suid-Afrika het vanjaar vir die eerste keer ’n realistiese kans om die vroueafdeling van die Cape Epic-bergfietstoer te wen.

Mariske StraussFoto: Shaun Roy

Plaaslike bergfietsgeesdriftiges is opgewonde oor die vooruitsig dat twee Kapenaars, Mariske Strauss en Candice Lill, kragte gaan saamspan.

Strauss, Lill en Robyn de Groot het oor die jare bitter naby aan die wennerspodium gekom, maar saam met buitelandse spanmaats.

Strauss en Lill sal as Faces CST deelneem, met hul eerste deelname volgende maand se vierdaagse Tankwa Trek in die Koue Bokkeveld.

Daarna wag die uitdagende, agtdaagse Epic, wat op 15 Maart met ’n tydtoets in Kaapstad begin, met die eerste skof wat die volgende dag in die Ceres-omgewing beslis sal word.

Strauss het verlede maand ’n beroepskontrak met die Nederlandse span CST Sandd Bafang losgeslaan.

Candice LillFoto: Sam Clark

Maar voordat sy die kontrak onderteken het, was daar ’n paar gesprekke en sy het die spanbase gevra om ’n vennootskap met Lill se Faces-span te smee.

Albei se onderskeie borge is tevrede met dié vennootskap en hul klere en toerusting sal albei spanne se logo’s bevat.

Lill en die Duitser Adelheid Morath was verlede jaar as die Summit Fin-span die Epic-naaswenners.

Strauss en die Sweed Jennie Stenerhag het as Silvertree-Fairtree vyfde geëindig.

Strauss het in 2018 derde geëindig saam met die Brit Annie Last.

Yolande Speedy was in 2013 die laaste Suid-Afrikaanse vrou wat op die boonste trappie van die Epic-podium kon staan. Haar spanmaat was die Brit Catherine Williamson.

Ons het nou kragte saamgespan en wil in die vroeë seisoen so veel moontlik punte insamel om ons sewende plek te behou.

Lill en Strauss het nog nooit as ’n span deelgeneem nie.

Hulle sê hulle ken mekaar se sterk- en swakpunte en kan dit nou kombineer om sterker te wees.

Daar is vanjaar natuurlik veel meer op die spel as sukses in die Epic of ander plaaslike wedrenne.

Strauss, Lill, asook Cherie Redecker sal wyd en syd moet deelneem om genoeg punte in te samel vir minstens twee outomatiese plekke vir die bergfiets-kompetisie by die Olimpiese Spele in Tokio.

As hulle genoeg punte kan verwerf om ’n ranglysposisie van sewende of hoër te handhaaf, sal twee Suid-Afrikaners kwalifiseer.

Lill sê in ’n verklaring hulle mik albei daarna om in Tokio te trap.

“Ons het as individue én as vroueryers in die geheel hard gewerk om Suid-Afrikaanse vroueveldrenne op ’n internasionale vlak te kry,” sê Lill.

“Ons het nou kragte saamgespan en wil in die vroeë seisoen so veel moontlik punte insamel om ons sewende plek te behou.”

Meer oor:  Mariske Strauss  |  Candice Lill  |  Robyn De Groot  |  Cape Epic  |  Bergfietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.