SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nog Sport
Sterre trap in Swellendam vir liefdadigheid
Jan Frodeno, Chris McCormack en Daniela Ryf op die Qhubeka oorhandigingseremonie in die Kaap verlede jaar. Foto: Terésa Coetzee

Van die wêreld se grootste sterre in die fietsry- en driekampgemeenskap gaan Saterdag in Swellendam bymekaar kom om ten bate van die Qhubeka-liefdadigheidsorganisasie wat fietse vir armes skenk te ry.

Deelnemers aan die Coronation Double Century-padfietsren kan maar uitkyk vir die kenmerkende goudgeel Breitling-klere waarmee die drie spanne van tien ryers elk gaan ry.

Atlete soos die Duitser Jan Frodeno wat al ’n goue medalje op die Olimpiese Spele in Beijing gewen het, twee keer Kona-wenner, die beste Ysterman ter wêreld en die huidige Ysterman-kampioen tel onder die ryers in die Breitling-span.

Daniela Ryf, die vrouewêreldkampioen op die Qhubeka-fietsoorhandigingseremonie verlede jaar.Foto: Terésa Coetzee

So ook die Switserse Daniela Ryf, vroue-Ysterman-wêreldkampioen van 2015, 2016, 2017 en 2018. Ryf is ook die huidige 70.3-wêreldkampioen.

Chris McCormack, (rekordhouer van die meeste Ysterman-titels) en Vincenzo Nibali (Tour de France-wenner in 2014 en die wenner van die Giro d’Italia in 2013 en 2016) ry ook saam vir liefdadigheid.

Die drie Breitling-spanne staan as die Navitimer (wegspring om 06:15), Premier (06:30) en Avenger (06:40) bekend.

Georges Kern, uitvoerende hoof van Breitling, is ook al die pad van Switserland af hier om saam te ry.

Die Doronation Double Century strek oor 202 km en begin en eindig in Swellendam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.