Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Stings wys daar’s gif in hul angels
Claudia Jarrard, doel van die Stings, wen balbesit voor Ané Retief van die Crinums in Sondag se Liga-wedstryd in Pretoria.Foto: BackpagePix

Die Southern Stings is nou die enigste onoorwonne netbalspan in die Nasionale Netballiga.

Dié Wes-Kapenaars het Sondag ’n verbete aanslag van die Vrystaatse Crinums afgeweer om met vier doele te seëvier – 57-53.

Die tweede naweek van die Liga is in Pretoria beslis.

Die Stings het nou ses punte ná drie wedstryde.

Nichole Taljaard (hulpdoel) is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die Stings en die Crinums pak mekaar Saterdag in hul herontmoeting. Die hoogtepunt van die komende naweek is Sondag se tweede stryd tussen die Kapenaars en die Jaguars.

Vroeër Sondag het die Flames van Noordwes die Golden Fireballs van Gauteng met 55-32 geklop.

Hulle het met die rustyd met 27-13 voorgeloop.

Die Flames het teruggeslaan nadat hulle Saterdagaand die knie moes buig voor die Jaguars van Noord-Gauteng.

Die Jaguars het hul tweede oorwinning van die naweek behaal toe hulle met 54-47 geseëvier het.

Die Fireballs kon nog nie ’n oorwinning behaal nie.

Sondag se sege oor die Fireballs was die Flames se tweede. Hulle het nou vier punte.

Elsjé Jordaan, die afrigter van die Flames, het aanvanklik haar tweedekeuse-spelers ingespan.

“Ek het ná die tweede kwart teruggeval op my bekende kombinasies. Ek is tevrede met die uitslag, maar die spelers maak nog te veel ongedwonge foute. Ons kan nie bekostig om konsentrasie te verloor nie,” sê Jordaan.

Die Smileys, ’n span bestaande uit Protea-spelers, het Saterdag met 50-41 met Zimbabwe afgereken.

Die Zimbabwiërs neem deel aan die Liga ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi in Julie in Liverpool, Engeland.

Hulle en die Smileys se uitslae tel egter nie vir die Liga nie.

* Vir die eerste keer was ’n Presidente-manspan in aksie. Hy het Zimbabwe se vroue Sondag met 82-47 in ’n vertoonwedstryd afgeransel.

Meer oor:  Netbal  |  Jaguars  |  Crinums  |  Nasionale Liga  |  Stings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.