Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Strauss met beroepskontrak beloon

’n Suid-Afrikaanse bergfietsryer het ’n spogkontrak met ’n Nederlandse beroepspan losgeslaan.

Die 28-jarige Kapenaar Mariske Strauss is vir volgende jaar by CST Sandd Bafang gekontrakteer.

Mariske Strauss in die kleure van haar nuwe fietsryspan. Foto: Verskaf

Sy is die eerste Suid-Afrikaanse vrou in veldrenne wat met só ’n kontrak kan spog.

Strauss sal een van drie vroue in die CST-span wees. Die ander twee is Yana Belomoina van die Oekraïne en die Nederlander Anne Tauber.

“So ’n kontrak en ’n fietsryfamilie maak dinge baie makliker vir jou as ’n ryer. Jy hoef jou nie te bekommer oor logistiek of administrasie nie en jy het ’n basis in Europa vir die Wêreldbeker-wedrenne,” sê Strauss.

Die eerste byeenkoms vir die Olimpiese veldrenne begin in Mei in Nové Mesto in die Tsjeggiese Republiek.

Voor dan sal Strauss in Maart saam met ’n nuwe spanmaat aan die Cape Epic in die Wes-Kaap deelneem.

“Omdat dit ’n Olimpiese jaar is, is dinge ’n bietjie meer gekompliseerd. Ons sal as ’n gekombineerde span deelneem.”

Die naam van haar nuwe Epic-vennoot sal later bekend gemaak word.

Mariske Strauss het vanjaar vir Silverback-Fairtree aan die Cape Epic deelgeneem en vyfde geëindig. Foto: Cape Epic | Shaun Roy

Sy en die Sweed Jennie Stenerhag het vanjaar vir Silverback-Fairtree aan die Epic deelgeneem en vyfde geëindig.

Die CST-span sal in Februarie met drie spanne aan die vierdaagse Tankwa Trek in die Koue Bokkeveld deelneem en daarna sy oefenkamp in Suid-Afrika hou.

Strauss sal in dié skofwedren kragte saamsnoer met die Kapenaar Candice Lill.

Strauss het Suid-Afrika in 2014 en 2018 by die Statebondspele verteenwoordig, en droom groot oor volgende jaar se Olimpiese Spele.

“Ek sal hard werk en alles doen wat ek kan om die SA span te haal. Dit is beslis 2020 se hoofdoelwit.”

Strauss trap die naweek in die 24-uur-uithouwedren Desert Dash in Namibië. Gemengde spanne sal 373 km deur die Namibwoestyn van Windhoek na Swakopmund aflê.

Meer oor:  Bergfietsry  |  Kontrak  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.